Die sluipmoord op Boris Nemtsof

Deel op

Die moordaanslag op die aartshertog van Oostenryk-Hongarye en erfgenaam van die Oostenryk-Hongaarse keiserryk, Franz Ferdinand was in 1914 die druppel wat die emmer laat oorloop het om die moeisame vrede in Europa tot ‘n einde te bring. Die sluipmoord het direk aanleiding tot die Eerste Wêreldoorlog gegee.

Franz Ferdinand en sy vrou Sophie was in Sarajevo, die hoofstad van die provinsie Bosnië-Herzegovina. Die keiserlike paar het besoek gebring aan die weermag daar, maar sou die stad nie lewendig verlaat nie.

Bosnië-Herzegovina was in 1914 deel van die keiserryk, maar buurland Serwië is teen die wil van die Serwiërs deur die keiserryk as provinsie in 1908 by Oostenryk-Hongarye ingelyf.

Die Bosnies-Serwiese nasionaliste, die Swart Hand is opgesteek om die aartshertog uit die weg ruim en drie studente is opgelei om die werk te doen. Hulle het uiteindelik ‘n mislukte bomaanslag op Franz Ferdinand se motor uitgevoer waarin niemand omgekom het nie.

Toe Franz Ferdinand een van die beseerdes van die bomaanval egter wou gaan opsoek na sy ontmoeting met die troepe, is hy en sy vrou deur Gavrilo Princip doodgeskiet toe hulle in ‘n systraat beland het nadat hul bestuurder glo verdwaal het.

Daarmee het die Geallieerdes se verdragsverpligtinge oorgeneem en die hele kontinent in ‘n bloedige oorlog gedompel, met Rusland aan die kant van Serwië en Duitsland aan die kant van Oostenryk. Engeland en Frankryk het die kant van die Russe gekies en die Ottomaanse Ryk weer die Duitse kant.

Die sluipmoord Vrydagaand in Moskou op Boris Nemtsof – ‘n uitgesproke kritikus van Wladimir Poetin – het al die bestandele van die intrige wat in 1914 aanwesig was.

Die eerste vraag is natuulik cui bono?

In hierdie geval weet ons dat Rusland, en in die besonder Poetin, geen voordeel kan trek uit die sluipmoord nie.

Die dood van Nemtsof sou, onder huidige omstandighede, nie sin maak uit die oog van Russiese belange nie.

Polities het hy nie ‘n werklike bedreiging ingehou vir die Russiese leierskap nie. Met minder as 5% steun, was hy nie eers bestem vir die Duma nie. En Poetin se gewildheid is steeds bo 85%.

Sluipmoorde deur ‘n regering lyk desperaat, skep ‘n onnodige martelaar uit ‘n marginale karakter en gee brandstof aan die opposisie tuis, en veral in die buiteland.

Terwyl Nemtsof, ‘n Jood, voorheen ‘n belangrike posisie in 1998 onder Jeltsin as adjunk-premier beklee het, het sy politieke loopbaan sedertdien nie die massas geïnspireer nie.

Die Westerse pers het hom voorgehou as die waarskynlikste persoon om Poetin te vervang indien ‘n ernstige krisis politieke stabiliteit in Rusland aantas.

Nemtsof se gewildheid was tasbaar onder diegene wat Westerse liberale waardes as wenslik bo natuurlike en universele waardes regoor die wêreld stel.

Die enigste party wat egter werklik vir Poetin die stryd kan aansê, is die Kommunistiese Party van Zjoeganof. Maar hierdie feit druis in teen Westerse belange, en is in stryd met die Weste se propaganda wat beweer dat die Weste die Koue Oorlog gewen het.

Intussen het die owerhede aangedui dat Nemtsof nie ver van die Kremlin geskiet is nie, waarskynlik deur hoogsopgeleide sluipmoordenaars. Verskillende koeëls is in sy torso gekry. Hy is in die hart getref.

Sy jong Oekraïense vriendin, ‘n model, is ongedeerd. Laasgenoemde feit sal deur talle Russe aangegryp word as die werklike leidraad om op te volg.

Met die konflik in die Oekraïne wat dreig om NAVO-lande by ‘n volskaalse oorlog teen Rusland te betrek, soos in 1914, glo die meeste dat Nemtsof se moordenaars só ‘n uitkoms sal verwelkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.