Bodem 5: Die berig

Deel op

vlamtoring‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

Lees eers Bodem 4: Konvooi en alle vorige episodes

Die tweerigtingradio in die Nissan Patrol gee ʼn kug en Daan-Dirk Möller se stem rammel blikkerig daaroor:  “Alle stasies, alle stasies, Charlie Papa, alle drywers, nou, ontmoet my by Alpha Hotel, ek herhaal by Alpha Hotel, ontmoet my nou vir ʼn ordergroep, ek herhaal, alle drywers by Alpha Hotel nou. Charlie Papa uit.”

Gielie Degenaar trek die mikrofoon van die haak op die paneelbord af, druk die stuurknoppie en sê: “Alpha Hotel 2, copy, oor.”

Hy haak die mikrofoon terug en sit agteroor in die bestuurdersitplek.

“Kan hy nie nou maar net sê kry my by Andreas-hulle of sommer by die Unimog nie? Watse verskil maak al hierdie James Bond-stron… strooi? Luister die polisie in en is hulle so deur die ka… blare… so deur die blare dat hulle nie kan uitwerk om te kyk vir ʼn spul mense wat bymekaar staan langs die pad nie? As daar nog polisie is.”

“Ag Hartjie,” sê Tannie Alba, “dis hoe julle dit by die GPF gedoen het. Moenie iets breek as dit nie stukkend is nie. As dit werk, werk dit. En Oom At het altyd gesê radioprosedures is ʼn goeie ding. Dit lyk nie so, sommer so in die alledaagse verloop van dinge nie, maar in ʼn druksituasie is dit ʼn konstante en dit help om misverstande te vermy.”

Daarmee maak sy haar veiligheidsgordel los en begin die passasiersdeur oopmaak.

“Charlie Papa het gesê die drywers, Tannie.”

“Ag jong, elkeen van ons het ʼn rol om te speel. Ek is die Tannie  Wat Nuuskierig is en Haar Neus Orals Insteek.

Nee Caruso!” sê sy vir die spierwit krulhaarmalteser wat mik om uit te spring. Die hondjie sit terug en gee vir haar die bedremmelde kyk wat altyd werk.

“Nou goed,” sê sy. “Maar dit reën buite en jy gaan soos nat hond ruik. En pasop vir karre.”

Caruso lyk nie te afgestoot deur die idee om soos ʼn nat hond te ruik nie en wip uit.

Wanneer sy vorentoe loop val die Nissan se parkeerligte op haar. Sy is so skraal en fier soos ʼn seekoeisambok, aangetrek in ʼn kakieparka en ʼn romp wat tot haar kuite net bo haar stapsteweltjies strek. Om haar lyf, bo-oor die baadjie het sy ʼn breë leergordel met haar Walther PPK in ʼn toeknipskede en op haar kop is ʼn swart laphoed. Alba Verhoef, 74 jaar oud, klein en taai in meeste geselskappe, is reg vir oorlog.

Gielie druk die knoppie op die deurhandvatsel en die venster sak met ʼn neuriegeluid af. Hy steek sy kop in die sagte reën in.

“Maar ek ís die drywer, Tannie Alba.”

Sy gaan staan, draai haar bolyf na sy rigting.

“Nou kom dan!”

Die elf voertuigbestuurders en Tannie Alba versamel binne twee minute langs die Unimog. Andreas Holtzschuh, die kort Duitser met die grys volbaard, trek ʼn ingeboude seildakkie langs die voertuig oop en Bart Kolver help hom om  die stutarms in plek te kry en die seil  in te haak. Die reën riffel saggies op die afdak waaronder die groepie teen die reën skuil.

“Wat is die situasie, Daan-Dirk,” vra Fred Bakkes die onderwyser en trek sy gordel, waaraan sy Beretta en ʼn werklik ontsagwekkende mes in ʼn leerskede hang, reg.

Daan-Dirk het homself so geposisioneer dat hy die res in die gesig kan kyk.

“Die situasie is dít,” sê hy, “ons weet nie presies wat aangaan nie. Ek het vir Joubert getaak om op sy motorfiets te gaan kyk wat aangaan. Dit kan ʼn ongeluk wees, dit kan net ʼn padblokkade wees, dit kan… feit is, ons weet nie. Maar ons moet besluit wat ons gaan doen as dinge… Suid neuk.”

“En die moerse ontploffing?” vra Chris Lourens.

“Ek sal nie kan sê nie. Dit kan net ʼn ongeluk wees. ʼn Brandstoftenk wat aan die brand geraak het, of iets.”

“Dit kon ʼn tenk gewees het,” sê Bakkes.

“ʼn Tenk?” vra Holtzschuh.

“ʼn Tenk ja. Met ʼn kanon.”

“Dit was nie ʼn tenk nie,” sê Andreas Vermeulen.

“Hoe weet jy?” vra Bakkes.

“Want ons is nie naby ʼn basis nie. Weet jy hoeveel werk dit is om ʼn tenk aan te ry?”

“Ás daar nog ʼn tenk is wat loop in hierdie army van Mickey Mouse,” sê Bart Kolver en spoeg ʼn vingerlitlengte pruimtwak op die teer en trap daarop asof hy probeer om ʼn kokkerot uit te roei.

Ses van hulle het hulle draradio’s by hulle en al die stelle raas skielik aan die gang.

“Errrmm… Charlie Papa, Charlie Papa, Charlie Papa Alfa…” sê Brian oor die lug.

Daan-Dirk se radiostel is oombliklik voor sy lippe.

“Charlie Papa stuur!”

“Charlie Papa Alfa, ek herlei berig van Alfa Victor 2 Bravo. Hy sê daar is… groot stront daarvoor.”

“Charlie Papa, bevestig, het hy gesê ‘stront?’”

“Charlie Papa Alfa, roger dit. Hy het gesê ‘stront,’ ek herhaal ‘stront.”

“Charlie Papa, het hy enige verdere besonderhede oor genoemde ‘stront?’”

“Charlie Papa Alfa, hy sê daar is ʼn hoeveelheid militêre voertuie met manne wat die voertuie gestop het en van kar tot kar gaan en die mense uitpluk en rondruk.”

“Charlie Papa, het hy enige verdere inligting oor die ontploffing, ek herhaal, ontploffing, wat ons waargeneem het?”

“Charlie Papa Alfa, hy reken dit was ʼn RPG 7, ek herhaal, ʼn Romeo Papa Golf nommer 7. Hulle het ʼn petroltenker daarmee geskiet. Hy sê hy het gesien hoe hulle nog een of twee voertuie geskiet terwyl hy waargeneem het, maar dit was gewone voertuie.”

“Charlie Papa, copy dit. Het hy enige verdere inligting oor die militêre voertuie?”

Die groepie onder die seilafdakkie langs die Unimog staan in ʼn stywer bondel terwyl hulle na die verwisseling luister. Brian herlei sy pa se vraag en daar volg ʼn radiodialoog tussen hom en Joubert vir wie hulle net sporadies en onduidelik hoor.

“Charlie Papa, Charlie Papa, Charlie Papa Alfa oor!”

“Charlie Papa stuur.”

“Charlie Papa Alfa, volgens hom is dit militêre voertuie, ten minste ses vragmotors, ʼn hoeveelheid bakkies en ʼn paar motors. Hy sê dit is nie soldate in uniform nie. Hulle het gewone klere aan, herhaal, gewone klere.”

“Charlie Papa, bevestig gewone klere. Vra of dit bravomense is.”

Brian hoef nie te vra nie. Hy antwoord dadelik.

“Charlie Papa Alfa, positief, zombies, almal van hulle. Meer as ʼn honderd reken hy, meer as ʼn honderd. Hulle beweeg met die ry af. Hy reken hulle is plus-minus 7 klieks van julle af, herhaal 7 klieks.”

“Bravomense?” vra Tannie Alba.

“Bravo vir ‘black,’ Tannie,” sê Gielie reg agter haar. “Dit was hulle kode vir zombies by die GPF. Daar is meer as ʼn honderd zombies daar.”

“Zombies?”

“Swartmense, Tannie. Swartes. ʼn Horde swartes.”

Voor Daan-Dirk die stuurknoppie op die radiostel kan druk verskyn Joubert se stem skielik duidelik en dringend.

“Oom Daan-Dirk! Oom Daan-Dirk! Julle moet van die pad af kom! Daar is voertuie op pad julle kant toe!”

Uit die agtergrondgeruis en die geknal van die XT se een silinder is dit duidelik dat hy aan die beweeg is en omdat sy uitsending duideliker word, lei die groepie af dat hy op pad terug is.

Dis op daardie oomblik wat radioprosedures te veel van ʼn beslommernis word.

“Joubert! Joubert! Watse voertuie?” sis Daan-Dirk in die mondstuk. “Is dit SAMIL’s?”

“SAMIL’s? Moer nee! Dis twee BMW’s en ʼn paar Hilux’e. Ek dink hulle gaan die pad agter julle toemaak. Hulle ry dat die skuim op hulle sit. Kom van die pad af! Hierdie bliksems vat nie stront nie!”

Agter Tannie Alba kyk Gielie oor haar skouer af en sien hoe sy haar hand op die greep van haar Walther sit.

Lees vervolgens Bodem 6: Die besluit
(Lees môre die volgende episode van Bodem)

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.