Gustav Venter se ‘Alrina Smal’ verskyn

Deel op
Alrina Smal is ‘n liberale, welgestelde vrou wat in Northcliff, Johannesburg woon. As sy deur ‘n swartman in haar eie huis aangerand word, ontwikkel sy ‘n fobie jeens alle swartmense wat haar man en diegene rondom haar al moeiliker vind om te hanteer.

Sy word deur die briljante, byderwetse doktor Ters van Jaarsveld behandel, maar niks kan haar van haar vrees vir swartmense genees nie. Intense kursusse in gevegskuns en pistoolskiet stel haar ook nie gerus nie.

Gustav Venter het reeds as joernalis en rubriekskrywer in Afrikaans bekendheid verwerf. In hierdie, sy debuutroman, lewer hy ‘n meesterlike en boeiende verhaal wat geen doekies omdraai oor die abnormale geweld, veral teen vroue, wat in Suid-Afrika tier nie.

Deur haar terapiesessies vir haar “negrofobie”, soos dit ook iewers in Die amigdala van Alrina Smal genoem word, leer ons Alrina se verhaal ken. Die dialoog tussen haar en doktor Ters is oortuigend, soms tegnies sielkundig, maar plek-plek ook kostelik, sodat die leser al hoe verder meegesleur word deur Alrina se pogings om haar vrees te oorwin.

Hoewel die enkele geweldstonele in die boek smaakvol en literêr geskilder word, is dit veral die dialoog wat by tye alle polities korrekte norme oorboord gooi. Die skrywer gee enkele rassistiese karakters vrye teuels om hul menings uit te spreek soos ‘n mens in ‘n etnies verdeelde en geweldgeteisterde Suid-Afrika kan verwag. Dis ‘n boek wat vele na hul asems gaan laat snak, ook die leser wie se simpatie met Alrina se dilemma hom kwalik op die skokkende einde van die verhaal voorberei.

Reeds kan ‘n mens sê dat hierdie roman ‘n nuwe tydvak in die Afrikaanse letterkunde inlui. Wat by sommige skrywers voorheen vae suggestie was, word deur Gustav Venter tot onverskrokke realisme opgetower.

As u vanjaar een Afrikaanse boek lees, moet dit Die amigdala van Alrina Smal wees!

Laai ‘n gratis uittreksel van 24 bladsye in PDF-formaat hier af.

Koop die eBoek (in drie gewilde formate, waaronder PDF) hier of stuur ‘n e-pos aan inlig[by]praag.org.

Александр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.