Malema in Londen op sjarme-offensief

Die voormalige leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema en die geskorste woordvoerder Floyd Shivambu het blykbaar na Engeland gereis om met Britse beleggers te vergader, het SABC-nuus Saterdag berig. Die twee het die naweek in Londen aangekom om maatskappye te probeer oorreed om in Suid-Afrika te belê. Volgens berigte sal Malema Britse sakemanne oor sy

Lees verder: Malema in Londen op sjarme-offensief

Hillary kom SA toe

Hillary Clinton, die VSA se sekretaris van buitelandse sake, sal Suid-Afrika in Augustus besoek, het die departement van internasionale betrekkinge Sondag gesê. Clinton en Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal op 7 Augustus samesprekings voer, het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement gesê. “[Gedurende] die vergadering sal daar na verwagting verskeie sake

Lees verder: Hillary kom SA toe

Leë sitplekke by Spele ontketen ondersoek

Organiseerders van die Olimpiese Spele in Londen het gesê hulle sal dringend ondersoek instel oor waarom daar Saterdag so baie leë sitplekke by Olimpiese byeenkomste in verskillende dele van die stad was. Belangstelling vir kaartjies vir Olimpiese items was oorweldigend toe dit meer as ‘n jaar gelede vir die eerste keer te koop aangebied is.

Lees verder: Leë sitplekke by Spele ontketen ondersoek

Volgende 5 jaar maak of breek vir landbou

“As die huidige onsekerhede in die landbou nie binne die volgende vyf jaar opgelos word nie, gaan daar waarskynlik nie oor 100 jaar weer ‘n herdenking van die stigting van die Afrikanerbeestelergenootskap wees nie, vanwee die verlies van kundigheid,” het dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Vissery gesê. Dr. Mulder het as spreker

Lees verder: Volgende 5 jaar maak of breek vir landbou

Brandstapel vir ‘n sterwende volk

Die Olimpiese skouspel in Londen was weer ‘n donquichotiese oefening in self-advertensie. Die destydse Arbeidersregering het al voorheen daaraan gedink om die land te verenig deur te kom met wat hulle ‘n Britse “verklaring van waardes” genoem het. Dié probeerslag het byna in ‘n algehele klug geëindig ‘n paar jaar gelede toe die publiek dit

Lees verder: Brandstapel vir ‘n sterwende volk

Tweede Boeremaglid skuldig bevind

Beskuldigde nommer twee in die Boeremag-hoogverraadverhoor, André du Toit, is skuldig bevind aan hoogverraad in die Noord-Gautengse Hooggeregshof. Regter Eben Jordaan het vanoggend begin om die getuienis teen Du Toit op te som. Du Toit se broer en beskuldigde nommer een, Mike, is Donderdag ook skuldig bevind aan hoogverraad. Twintig mans staan tereg op 42

Lees verder: Tweede Boeremaglid skuldig bevind

PRAAG breek deur na 140 miljoen mense

Gisteroggend het PRAAG se Engelse webblad www.praag.org die nuus oor die grusame marteldood van Amaro Viana op Walkerville begin versprei, met skakels wat op Facebook en Twitter geplaas is. Teen gisteraand het die feite oor Amaro Viana die wêreld se twee grootste nuuswerwe, Huffington Post en Mailonline met gesamentlik 140 miljoen gebruikers bereik. Enkele reëls

Lees verder: PRAAG breek deur na 140 miljoen mense

Toeskouers boe ‘slet’ Madonna

Die pop-ster Madonna se vertoning in Parys, Frankryk, het die toorn van konsertgangers gewek. Hulle het spontaan voor die teater begin betoog, haar ‘n slet genoem en hul geld terug geëis. Franse ondersteuners het Madonna se “Express Yourself” lirieke ernstig opgeneem Donderdagnag toe hulle haar uitgejou het voor die konsertsaal Olympia na ongeveer 45 minute

Lees verder: Toeskouers boe ‘slet’ Madonna