Beskuldigde nommer twee in die Boeremag-hoogverraadverhoor, André du Toit, is skuldig bevind aan hoogverraad in die Noord-Gautengse Hooggeregshof. Regter Eben Jordaan het vanoggend begin om die getuienis teen Du Toit op te som.
Du Toit se broer en beskuldigde nommer een, Mike, is Donderdag ook skuldig bevind aan hoogverraad. Twintig mans staan tereg op 42 aanklagte wat daarmee verband hou om die regering omver te werp.
Die aanklag van moord hou verband met ‘n vrou wat in 2002 dood is terwyl sy in ‘n plakkershut in Soweto geslaap het. Ná ‘n bomontploffing by ‘n spoorlyn het ‘n stuk metaal sowat 400 m ver geskiet haar getref.
Die aanklag van poging tot moord hou verband met die mans se beweerde plan om oudpres. Nelson Mandela om die lewe te bring.
