‘n Voormalige AWB-lid, Abraham (Koper) Myburgh (39), is gister tot tien jaar tronkstraf gevonnis weens moord, wat sal saamloop met sy lewenslange vonnis vir bomontploffing-sterftes Myburgh is lewenslank gevonnis nadat hy en ‘n mede-lid in 1996 net voor Kersfees twee bomme by ‘n supermark in Worcester geplant het wat die lewens van drie kinders en
Malema veroordeel aanklag teen myners
Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag gesê om die 270 mynwerkers van moord aan te kla is waansin. “Die polisiebeamptes wat die mense doodgeskiet het is nie in aanhouding nie, nie eens een van hulle nie. Dit is waansin,” het hy aan betogers by die Ga-Rankuwa- landdroshof, buite Pretoria, gesê. “Die hele
Jeugliga hou optog oor skoolboeke
Betogers van die ANC-jeugliga het Donderdagmiddag by Limpopo se departement van onderwys in Polokwane opgedaag. Die betogers wou ‘n memorandum aan Dickson Masemola, LUR vir onderwys, oorhandig. Hulle dring daarop aan dat handboeke by skole in die provinsie afgelewer word. Die optog het onder streng polisie-bewaking by die SABC-park begin. Leerlinge van die Moruleng- en
Paaie in Sandton versper vir Blair
Paaie in Sandton sal vanaf 13:00 tot 17:00 gesluit wees vir ‘n betoging by die Discovery-leierskapberaad, het die Johannesburgse metro-polisie gesê. Motoriste word aangeraai om Alice-laan en 5de straat te vermy aangesien dié paaie Donderdagmiddag afgesper sal word, het supt. Wayne Minnaar gesê. “Betogers beplan om omstreeks 14:00 by die Alice-laan-kruisings bymekaar te kom,” het
Boere, Swazi’s en Amerikaners smee planne om regerings oor te neem
Nie net in Suid-Afrika nie, maar Swaziland en die VSA, maak ontevrede inwoners planne om van hule regerings ontslae te raak. Regter Bheki Maphalala het Woensdag bevind dat Amos Mbedzi beplan het om ‘n bom te plant by ‘n brug van die Lozitha-paleis in die kommersiële middelpunt van Manzini in 2008, berig die M&G. Dit
Lees verder: Boere, Swazi’s en Amerikaners smee planne om regerings oor te neem
Rabbi waarsku Wilders oor anti-Semitisme
Israel se voorste rabbi het die Nederlandse politikus Geert Wilders gewaarsku dat sy party se steun vir ‘n verbod op rituele slagting van diere in Nederland ‘n “anti-Semitiese” gebaar is en die land se Joodse gemeenskap kan verdryf. Wilders het tot prominensie in Nederland gekom omdat hy die groeiende invloed van Islam in die Weste
Pretoria is bankrot
Die ouditeur-generaal (OG) het ‘n neerdrukkende verslag oor die Tshwane-metro se finansies ontvang. Die ANC ontken egter dat ‘n finansiële krisis in Pretoria dreig. Die amptelike opposisie het in Junie vandeesjaar die ANC verhoed om langtermyneffekte van R1,5 miljard uit te reik, omdat dit glo onwettig sou wees om op dié manier agterstallige operasionele uitgawes
Xhosa Nostra-rassisme in die ANC
Dit het alles begin met saaknr. A474/08: Minister van Verdediging teen Phiri. Regter Neil Tuchten is voorsittende beampte in die Suid-Gauteng hoërhof. In die hof as beskuldigde is Goodman Manyanya Phiri, ‘n veteraan van die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, en ‘n luitenant-kolonel in die SANW. Manyanyana Phiri word daarvan beskuldig dat hy
Iran vra verbod op kernwapens
Iran tree tans as gasheer op vir die spitsberaad van die Beweging van Onverbonde Lande (BOL). Hulle het Sondag ‘n klap in die rigting van die VN-Veiligheidsraad gemik met ‘n oproep aan die wêreld om van kernwapens ontslae te raak. Iran wil die weeklange byeenkoms gebruik as ‘n vertoonvenster van sy globale bande en is
‘n Giftige verslag teen Israel
Dit is ‘n referaat getiteld: Voorbereiding vir ‘n post-Israel Midde-Ooste, ‘n 82 bladsy-analise wat tot die gevolgtrekking kom dat die Amerikaanse nasionale belang fundamenteel in stryd verkeer met dié van Israel sonder ‘n Palestynse oplossing. Ontleders bekommer dat dié dokument sake kwaai kan omkrap vir die Republikeinse kandidaat, ‘n voorstander van Israel. Die opstellers kom
