Lugtaxi’s van Santaco styg op

Die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf stel vandag amptelik sy nuwe lugredery op Lanseria, noord van Johannesburg, bekend. Die Burgerlike Lugvaartowerheid sê die diens sal heeltemal veilig wees en opgeleide personeel sal die vliegtuie beman. Die doel van die Santaco-lugdiens is om vlugte meer toeganklik en bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te maak. Dié taxi-bedryf lewer daagliks ‘n diens

Lees verder: Lugtaxi’s van Santaco styg op

Israel se uur van waarheid

In hierdie program gesels Karin Roodt, redaktrise van praag.co.za, oor die komende stemming in die Algemene Vergadering van die VN wat waarskynlik op ‘n Palestynse staat gaan uitloop. Daar word ook oor strategiese kwessies in die Midde-Ooste gepraat. Klik op hierdie skakel. Фільчаков Олександр Васильович

Lees verder: Israel se uur van waarheid

Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Die hooggeregshof-beslissing wat die sing van die woorde “awudubule ibhunu” (skiet die Boer) tot haatspraak verklaar, is ‘n “absurde en drastiese” skending van die reg op vryheid van spraak, meen prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad. In ‘n rubriek wat Donderdag in The Star gepubliseer is, kritiseer de Vos regter Colin

Lees verder: Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

“Die aankondiging dat pres. Jacob Zuma ‘n kommissie van ondersoek gaan aanstel om die Wapenaankope-program te ondersoek, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Verlede maand het die Vryheidsfront Plus skriftelik die president versoek om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek (skrywe hieronder). Ons standpunt was

Lees verder: Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

Polarisasie en staatkunde

Die voortslepende regeringskrisis in België herinner tegelyk aan die polariserende werklikheid wat met die haatspraakverhoor in Suid-Afrika aksént gekry het, en hoe dit binne ‘n demokrasie aangespreek kan, en behoort te word. Benewens die regsbeginsels wat in regter Collin Lamont se uitspraak in die Julius Malema-haatspraakverhoor na vore gekom het, staan ‘n realiteit duidelik uit:

Lees verder: Polarisasie en staatkunde

Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie. Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat

Lees verder: Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

Die ANC-Jeugligapresident Julius Malema sê Suid-Afrika se howe is “rassisties” en “apartheid is teruggebring deur die agterdeur”. Hy het beloof dat hy die Grondwethof sal nader om die uitspraak dat die lied Dubul ‘ibhunu’ haatspraak verteenwoordig, ongedaan te maak. Malema het die opmerkings gemaak Woensdag tydens sy eerste mediakonferensie sedert ANC se dissiplinêre verhore begin

Lees verder: Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, België by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika.  “Die wêreld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As

Lees verder: UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Indiaanstam skop swartes uit

Die VSA se tweede grootste Indiaanse stam het Dinsdag gesê dat die Amerikaanse regering moet ophou inmeng oor sy skuif om 2 800 swartes van sy stamrol te skrap. “Die Cherokeenasie sal nie beheer word deur die BIA nie,” het Joe Crittenden, die stam se waarnemende hoof, gesê in ‘n verklaring in reaksie op die

Lees verder: Indiaanstam skop swartes uit