Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag bevestig dat ‘n Brit dood is in ‘n aanval op ‘n gasveld in die ooste van Algerië. Hague het verder gesê enige verband met die krisis in Mali is ‘n verskoning vir “koelbloedige moord”. “Hoewel ek die dood van ‘n Britse burgerlike kan bevestig, kan
Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee
Vrystaatse tronkbeamptes het joernaliste aangehou, hul gereedskap gekonfiskeer en hul foto’s van bewaarders wat ‘n gevangene aanrand uitgevee, het twee dagblaaie berig. The Star en The Times berig dié voorval het Woensdag gebeur toe die parlement se portefeuljekomitee op korrektiewe dienste die Groenpunt-maksimumveiligheidstronk buite Deneysville in die provinsie besoek het. Dis dieselfde gevangenis waar tronkbewoners
Lees verder: Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee
Ruda steek haar weermagverlede weg
Die TV-persoonlikheid Ruda Landman is glo skaam dat sy weermagopleiding in George ontvang het. Landman is een van Media24 se ideologiese steunpilare. Die afgetrede kol. Monica Muller van The Reeds skryf sarkasties in Beeld dat Landman “aan geheueverlies ly” en wonder of die kykNet-program Reis moontlik “swak nagevors” is. Volgens die program, skryf Muller, is
Helikopter stort in Londen neer
‘n Helikopter het neergestort in spitsuuroggendverkeer nadat dit in vlamme uitgebars het in ‘n oënskynlike botsing met ‘n hyskraan in die suide van Londen. Die brandende helikopter het soos ‘n “vuurbal” na benede gestort, sê geskokte omstanders. Deel van die beskadigde hyskraan het glo ‘n naburige gebou en motors beskadig. ‘n Londense radiostasie LBC het
Regter gee groenlig vir kinderseks
Dit is nie meer ‘n kriminele oortreding vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 16 om betrokke te raak in instemmende seksuele aktiwiteite met mekaar nie, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag beslis. Regter Pierre Rabie se uitspraak volg op ‘n aansoek in April verlede jaar deur die Teddy Bear Clinic vir mishandelde kinders, wat
ANC dreig Anglo met mynregte
Anglo American en Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het mekaar getakel omdat die mynreus beplan om duisende platinum-mynwerkers af te dank. Amplats, Anglo se platinumfiliaal, aangekondig het dat hy van 14 000 van sy 59 000 werkers in Rustenburg ontslae gaan raak. “Anglo het die land teleurgestel deur by te dra tot ons werkloosheidsprobleem.
NY stem vir strenger wapenbeheer
Die staat New York het die groot tree geneem om die eerste Amerikaanse staat te word wat streng nuwe beperkings kan plaas op aanvalsgewere. Dié besluit volg ‘n maand ná die slagting by ‘n laerskool in Connecticut, waarin 20 skoolkinders en ses onderwysers dood is. Wetgewers in die senaat het Maandag met ‘n voorsprong van
Einde van staking dalk in sig
Plaaswerkers in Clanwilliam het ‘n ooreenkoms bereik wat moontlik die staking in die Wes-Kaap tot ‘n einde kan bring, het Cosatu Dinsdag gesê. “Ons is nou baie nader daaraan om die geskil eersdaags op te los,” het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, aan joernaliste gesê. Ehrenreich glo die ooreenkoms is ‘n positiewe stap in die onderhandelings.
Polisievrou wat glo buitelanders roof, vas
Die bevelvoerder van die Wrenchville-polisiestasie in Kuruman het Dinsdag in die Mothibistad-landdroshof op aanklagte van roof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, lt. Olebogeng Tawana, is die saak teen kapt. Anna Phorotlho (42) tot 21 Januarie uitgestel vir ‘n formele borgaansoek. Sy sal intussen in aanhouding bly. Phorotlho is in hegtenis geneem na verskeie rooftogte verlede jaar
De Doorns: Wit polisielede skiet swarte
‘n Swart man is in ‘n hospitaal dood nadat hy Maandag na bewering in De Doorns “deur drie wit polisiemanne met ‘n rubberkoeël geskiet is”, het Daily Maverick Dinsdag berig. Die aanlynpublikasie is glo besorg oor die rassehaat in Suid-Afrika. Die woordvoerder vir die Kaapse Wynland Departement van Gesondheid Joanne Otto het bevestig dat ‘n
