Die Valke wat in November verlede jaar sy ondersoek na die wapenskandaal sonder verduideliking laat vaar het, het onderneem om dit te heropen. Nuwe inligting van ‘n Sweedse verdedigingsmaatskappy, SAAB, het die Valke genoop om opnuut die regering se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie onder die loep te neem. Dié inligting is ook aan die hoofaanklaer van die nasionale
Kammaland en die ANC-Jeugliga
Terwyl die ANC wal gooi om te verduidelik dat die ANC-jeugliga – en in die besonder Julius Malema – se radikale onteieningspraatjies bloot praatjies in die wind is, is dit ook so dat die land ‘n prys hiervoor betaal. Geen land se ekonomie is ‘n selfonderhoudende eiland nie, en die land wat meer uit sy
Konflik en natuurrampe ontwortel 44 miljoen wêreldwyd
Die aantal mense wat wêreldwyd weens konflik uit hul wonings gedwing word, het in 2010 tot 44 miljoen gestyg – die hoogste vlak in ‘n dekade, volgens ‘n verslag van die Noorse Vlugtelingraad. Dié verslag is Maandag op Internasionale Vlugtelingedag bekend gemaak. Dié 43,7 miljoen mense sluit burgerlikes wat vóór 2010 gevlug het, en steeds
Lees verder: Konflik en natuurrampe ontwortel 44 miljoen wêreldwyd
Mubarak het maagkanker
Egipte se voormalige president, Hosni Mubarak, wat in Augustus verhoor sal word vir die dood van talle betogers, ly aan maagkanker. “Mubarak het maagkanker en die gewasse groei klaarblyklik,” het sy prokureur, Farid al-Dib, gesê. Die voormalige president is tans in aanhouding in ‘n hospitaal in Sharm el-Sheikh – ‘n vakansieoord neffens die Rooi See.
Michelle Obama kom struggle prys
Michelle Obama het laat Maandag in Pretoria aangekom vir haar eerste groot solo oorsese reis as Amerikaanse eerste dame. Sy besoek Suid-Afrika en Botswana. Haar besoek kom direk na afloop van die ANC se Jeugligakongres waar ‘n duidelike verharding teen wit Suid-Afrikaners te bespeur was. Obama het by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria vergesel deur haar
Jeugligabesluite ontketen storm
Besluite van die ANC-Jeugliga verander nié ANC-regeringsvlakbeleid nie, het die regerende party Maandagmiddag gesê. Dié Jeugligakongres, waar talle besluite geneem is, het Sondag geëindig. “Ons wil dit onomwonde stel dat die ANCJL-besluite steeds dié van die Liga is en geen verandering maak aan ANC-beleid wat op regeringsvlak toegepas word nie,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in
Halssnoermoorde steek kop uit
Twee mans is Maandag in New Brighton, Port Elizabeth, mbv die halssnoermetode vermoor, het die polisie in die Oos-Kaap gesê. Die twee mans het doodgebrand nadat hulle na bewering by ‘n huis in die gebied ingebreek het, het ao. Dumile Gwavu gesê. Daar is Sondagaand by dié huis ingebreek en een persoon is in die
China ontmoet Libiese rebelleleier
Chinese owerhede het Maandag aangekondig dat die Libiese opposisieleier Magmoed Jibril Beijing binnekort sal besoek. Dié aankondiging plaas weereens die aandag op China se betrokkenheid by dié Noord-Afrika-land se voortslepende burgeroorlog en word beskou as nog ‘n terugslag vir die Libiese diktator, Moeammar Gaddafi. China se departement van buitelandse sake het in ‘n verklaring van
In die voet, Athol!
boost followersпрокурор харьковской области
Nog meer Malema
Die wensdenkery dat die ANC se leierskapsverkiesing ‘n nuwe jeugleier sou lewer, het toe ‘n Malema gebaar. Omdat Malema steeds, soos ‘n stout peuter, besig is om sy grense te toets, is dit ongelukkig nie ‘n geval dat die land weet waarvoor hy hom inlaat nie – dié jongeling gaan steeds kyk hoeveel hy buite
