Politieke kommentators se taai toffie

Van skrywers en digters word dikwels gesê hulle is die gewete van die volk. Hulle word ‘n ruim mate “digterlike vryheid” gegun om te kan krap en oopkrap waar dit nog net liggies jeuk, en die lot van verontregtes aan die groot klok te kan hang. Gewoonlik word die kant van die sogenaamde “underdog” gekies,

Lees verder: Politieke kommentators se taai toffie

Grotes betaal byna niks vir krag

Eskom het geheime ooreenkomste met ten minste 138 groot maatskappye wat byna niks vir elektrisiteit betaal nie. Sommiges betaal glo so min soos 9c per kilowattuur. Die gemiddelde prys is blykbaar so laag soos 17c per kilowattuur vir die maatskappye wat ongeveer 40% van Suid-Afrika se elektrisiteit verbruik. Huishoudings en klein sakeondernemings sal eersdaags 80c

Lees verder: Grotes betaal byna niks vir krag

Zuma en kabinet wil toets vir Vigs

Themba Maseko, hoofregeringswoordvoerder, het Donderdag gesê die regering beplan om 15 miljoen Suid-Afrikaners teen Junie aanstaande jaar vir MIV/vigs te toets. Jacob Zuma, adj.pres. Kgalema Motlanthe en die hele kabinet sal hulleself ook vir dié virus laat toets. Slegs sowat 2 miljoen mense per jaar word tans getoets. Dié aankondiging kom nadat die regering te

Lees verder: Zuma en kabinet wil toets vir Vigs

Man lieg oor rooftog

‘n Indiër en sy 18-jarige seun het op ‘n aanklag van meineed voor die hof verskyn nadat hulle gelieg het oor ‘n rooftog. Raj Veerna, 40, en sy seun, Shanil, het Donderdag voor die landroshof in Oos-Londen verskyn. “Hulle is in hegtenis geneem toe die polisie uitvind die klag, wat hulle op 5 Maart gemaak

Lees verder: Man lieg oor rooftog

Pretoria-inwoners ”n klomp rassiste’

Gauteng se premier, Nomvula Mokonyane, sê wit inwoners van Pretoria is “’n klomp rassiste”. Beeld het haar gevra of sy die siening van Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, dat die hoofstad op plaaslike regeringsvlak swak bestuur word, deel. Vullisstakings en bewerings van wanbestuur is die afgelope tyd van die probleme waarmee die inwoners te

Lees verder: Pretoria-inwoners ”n klomp rassiste’

IT-deskundige van British Airways vas

‘n IT-deskundige van die lugredery British Airways het Donderdag in ‘n Britse hof verskyn nadat hy daarvan aangekla is daarvan dat hy ‘n selfmoordbomaanval beplan het. Die 30-jarige Rajib Karim, oorspronklik van Bangladesh, word van drie oortredings aangekla. Die klagtes spruit voort uit ‘n selfmoordbomaanvalsplan wat hy glo wou uitgevoer het. Hy word daarvan aangekla

Lees verder: IT-deskundige van British Airways vas

DA vra spesiale oudit vir Malema

Die DA het die ouditeurgeneraal se streekkantoor in Polokwane gevra vir ‘n spesiale oudit van alle tenders wat aan maatskappye waarby Julius Malema betrokke is, toegeken is . Dit volg op berigte dat Malema se SGL Engineering Projects twee nuwe kontrakte ter waarde van R2,2 miljoen by die Polokwane-munisipaliteit gekry het, het DA-woordvoerder Mark Steele

Lees verder: DA vra spesiale oudit vir Malema

Zim staar voedseltekort in die gesig

Ongeveer 2,17 miljoen Zimbabwiërs, of ‘n kwart van dié land se bevolking het voedsel nodig, het die Rooikruis vereniging Donderdag gesê. In ‘n verklaring het verskeie organisasies van die Rooikruis vir internasionale fondse gepleit om sodoende dringend voedsel aan Zimbabwe se inwoners te voorsien. Organisasies van die Verenigde Nasies het ook ‘n beroep op meer

Lees verder: Zim staar voedseltekort in die gesig

China stuur 2 vroue die ruimte in

China het vir die heel eerste keer tot hulle span van ruimtevaarders twee vroue toegevoeg wat in die toekoms op die land se ruimtemissies sal dien, het die plaaslike media berig. Die twee vroue wat nie geïdentifiseer is nie, was beide vlieëniers in die Volkse Vryheidsleër-lugmag, het Zhang Jianqi, die voormalige adjunk-bevelvoerder van die land

Lees verder: China stuur 2 vroue die ruimte in