Die berig in Vrystaat oor mense wat so disrespekvol vuur maak teen die Anglikaanse Kerk in Bethlehem, ‘n sandsteengebou van meer as ‘n honderd jaar oud en wat ‘n nasionale gedenkwaardigheid is, laat Herrie se gedagtes na ou kerke sommer ver teruggevoer word. Jare gelede was Herrie bevoorreg om deel van ‘n kulturele uitruilspan te
Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami’s?
‘n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsoenami’s tot gevolg het, en ander nie. Dié vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een ‘n verwoestende tsoenami tot gevolg het, en die ander nie. Die eerste aardbewing, wat 9,1 op die Richterskaal
Lees verder: Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami’s?
Besoedelde hande…
купить детский домикФильчаков прокурор харьков
‘Mbeki nooit verbied by SABC’
Die SABC het Sondag berigte dat die openbare uitsaaier televisie- en radiodekking van oudpres. Thabo Mbeki verbied het, as “vals” afgemaak. “Die SABC verwerp die artikel ‘SABC-nuusbaas Molefe verbied Mbeki’, wat in vandag se uitgawe van die Sunday Times verskyn het, met die veragting wat dit verdien,” het Kaizer Kganyago, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring
Twee bomontploffings ruk Kampala
Minstens 23 mense is Sondag dood ná ontploffings in twee restaurante in Kampala, die hoofstad van Uganda, terwyl skares besig was om die die finaal van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi te volg, het die polisie gesê Een van die ontploffings was in ‘n Ethiopiese restaurant in die suide van die hoofstad en die ander was by ‘n
Man wat aansterk koelbloedig geskiet
‘n Man van Vanderbijlpark is Sondagoggend koelbloedig langs sy vrou in hul bed doodgeskiet deur twee swart rowers. Neels Jansen van Roodia-kleinhoewes het tuis aangesterk na ‘n breukoperasie, berig Beeld. Jansen is glo in die maag geskiet. Die boewe het haar belet om haar sterwende man by te staan. Jansen se vrou is op die
Spanje is die nuwe SWB-kampioen
Spanje is die nuwe Wêreldbekersokkerkampioen. Dié land het die eindstryd gewen toe hulle Nederland in ekstra tyd met 1-0 by die Soccer City-stadion in Johannesburg geklop het. Spanje, die Europese kampioene, was die gunstelinge om die toernooi in te palm. Alhoewel die wedstryd deur geel kaarte gekenmerk is – 12 van hulle – was dit
Forlan is speler van die toernooi
Uruguay se doelskopper, Diego Forlan, het die Goue Bal-toekenning as speler van die toernooi gewen nadat hy vyf doele in sewe wedstryde tydens die Wêreldbekersokkertoernooi aangeteken het. Uruguay het vierde geëindig nadat hulle Saterdag 3-2 teen Duitsland verloor het. Spanje het Nederland 1-0 gewen om Sondag die Wêreldbekertrofee by Soccer City in te palm. Duitsland
Oranje deurgeroes
Nederland en Spanje was tagtig jaar lank in ‘n oorlog gewikkel. Nou het dit Spanje 120 minute op die sokkerveld geneem om die manne van Oranje te klop, en as wêreldkampioene van die veld te stap. In ‘n taai wedstryd waarin beide spanne blapse na die doelhok gemaak het, het die Spanjaarde vlak voor die
Tagtigjarige oorlog tussen Spanje en Nederland
In die aanloop tot die sokker-wêreldbekereindstryd tussen Spanje en Nederland word gereeld verwys na die tagtigjarige oorlog tussen Nederland en Spanje. Nederland het in wese eers in 1648 as ‘n deel van die vrede van Münster formele onafhanklikheid gekry, slegs enkele jare voor Jan van Riebeeck na die Kaap sou vertrek. Maar hoe het dit
