praag.co.za

Tag: Arjen Robben

  • Oranje deurgeroes

    Nederland en Spanje was tagtig jaar lank in ‘n oorlog gewikkel. Nou het dit Spanje 120 minute op die sokkerveld geneem om die manne van Oranje te klop, en as wêreldkampioene van die veld te stap.

    In ‘n taai wedstryd waarin beide spanne blapse na die doelhok gemaak het, het die Spanjaarde vlak voor die einde van 30 minute bykomende tyd ‘n Nederlandse span wat tot tien man uitgedun is, die doodskoot toegedien.

    Die Spanjaarde het deurgaans beter daarin geslaag om balbesit te behou. Die Nederlanders se pogings om balbesit te wen is erg bemoeilik deur ‘n skeidsregter wat geelkaarte soos parkeerkaartjies aan veral die manne van Oranje uitgedeel, en uiteindelik ‘n rooi kaart opgediep het.

    Soos verwag is, was dit ‘n affêre so taai soos ‘n outydse Wilsontoffie. Die hoogte bo seespieël het duidelik by die manne gespook, wat moes asem oorhou vir ‘n moontlike bykomende dertig minute, wat toe ook gerealiseer het.

    Uiteindelik was Spanje net daardie titseltjie beter daaraan toe. Tog het Nederland so amper-amper die knoop deurgehaak toe Arjen Robben se doelskop in gewone speeltyd die Spaanse doelwagter se hakskeen getref en wyd getrek het. Uit ‘n duisend pogings sou Robben nie daardie titseltjie teenspoed verwag het nie, en moes dit juis in die belangrikste wedstryd van sy loopbaan gebeur.

    Die eindfluitjie het heel waarskynlik vir Jabulani die tokkelossiebal geblaas. Min van die deelnemers aan die toernooi in Suid-Afrika sal graag weer met ‘n bal met so ‘n wil van sy eie wil speel. Ook in die eindstryd is verskeie balle bo-oor of langs die doelhok verby, of is spanmaats heeltemal “misgeskop” wanneer aangeval is. Dié effens meer aërodinamiese bal het in die binneland baie anders as by kusvlak gereageer, en spanne wat heen en weer kus toe en binneland toe gepiekel is om wedstryde te speel, moes deurlopend aanpas.

    стоимость паркета укладкаФильчаков

  • Oranje onoorwonne na tweede rondte

    Oranje onoorwonne na tweede rondte

    Arjen Robben (links)Nederland het reeds voor gisteraand se groepfase-wedstryd teen Kameroen na die volgende rondte deurgedring. Die span het egter steeds met genoeg ywer gespeel om Kameroen 2-1 te troef.

    Vir die Nederlanders was dit goeie nuus dat Arjen Robben, hul beseerde ster, vir die eerste keer in die toernooi speelkans gekry het. Robben is laat in die tweede helfte opgestuur, en het sommer dadelik sy stempel afgedruk. Hy was ook instrumenteel in die aanteken van die wendoel.

    Intussen hét Italië toe, soos verwag is, die kous oor die kop gekry en die toernooi word nou verder sonder die verdedigende kampioen gespeel. Italië se teenspoed volg kort op dié van Frankryk, die ander grote wat reeds uitgeknikker is. Vandag kan dieselfde lot Spanje te beurt val.

    Die Italianers kan, soos die Franse, ‘n baie stief ontvangs tuis te wagte wees. In Italië is sokker gewilder as die pous, en sokkermal Italianers is bekend dat hulle erg emosioneel is oor dié spel.

    Nog sokkernuus is dat Kaliforniese windtonneltoetse toe onomstootlik bewys het – die Jabulani se vlug is onvoorspelbaar. Hierdie bal is spesiaal vir die toernooi ontwerp, en het vanuit die staanspoor die argwaan van spelers en afrigters op die lyf geloop omdat dit by tye kompleet lyk of die tokkelossie met hom doenig is.

    установкаtopcargo

  • Oranje lyk goed

    Oranje lyk goed

    Arjen RobbenAfrikaners se gunstelingsokkerspan, wat in Nederland kortweg as “Oranje” bekendstaan, gaan vandag twee keer by Wits-universiteit in Johannesburg oefen. Die pers is vanaf 11.30 welkom, maar die aandsessie is geslote.

    Gister het die Nederlandse span ‘n oorwinning van 2-0 teenoor Denemarke behaal. In die volgende wedstryd sal die span Saterdag teen Japan te staan kom.

    Michel Vorm ontbreek tydens beide sessies. Hy vlieg na Nederland om sy seuntjie wat Sondag gebore is te sien. Die doelwagter van FC Utrecht voeg hom waarskynlik Donderdag weer by die spankeuse van Oranje.

    Oranje het Maandag met 2-0 teen Denemarke geseëvier. Simon Poulsen het vlak na rustyd die bal verby sy eie doelwagter laat rol vir ‘n eie doel en Dirk Kuijt het in die slotfase toegeslaan. Japan het in die ander groepswedstryd met 1-0 oor Kameroen baas gespeel.

    Die oorwinning oor die Dene het vir die Nederlandse elftal ‘n gunstige bykomstigheid. Deur die sege het Arjen Robben meer tyd om weer wedstrydfiks te raak.

    “Dit is een mooie uitgangspositie om Robben rustig aan zijn terugkeer te laten werken en hem rustig te brengen”, lê die afrigter Bert van Marwijk in De Telegraaf uit.

    Die afrigter het teenoor die koerant bevestig dat ook die goeie spel van Eljero Elia die druk om Robben vroegtydig in te bring, verlig het.

    Die Nederlandse elftal tree komende Saterdag aan teen Japan. Die daaropvolgende Donderdag wag Kameroen as laaste teenstander in die groep. By ‘n goeie resultaat teen die Japanners lyk dit nie of Van Marwijk ‘n beroep op Robben sal hoef te doen voor de agtste finaal nie.

    освещением лестницыданильченко юрій броніславович