VN-hoof aangeval deur betogers

Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, moes na ‘n gebou van die Arabiese Liga vlug nadat hy Maandag by Tahrir-plein in Kaïro deur sowat 50 betogers wat lojaal is aan die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, omsingel is. ‘n Korrespondent van die nuusagentskap AFP het Maandag oor dié voorval verslag gelewer. Dis nie duidelik hoe die

Lees verder: VN-hoof aangeval deur betogers

Die Terug-na-God-beweging in die teologie

Die tema “Terug-na-God” dui op ‘n beduidende “nuwe” teologiese rigting van aktiewe skrywers wat die Hellenisering van die Christendom teenwerk en terug dwing na die Judaïstiese grondslae daarvan. Om substansie aan hierdie teologie te gee, verlê die klem van Paulus na Jakobus. • Jakobus is die broer van Jesus en na die dood van Jesus

Lees verder: Die Terug-na-God-beweging in die teologie

TAS wil Afrikaans by Tuks bevorder

Die VF+TAS het Dinsdagoggend, 15 Maart, ‘n Hoërskool in Pretoria Tuine besoek om met voornemende studente te gesels oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op tersiêre vlak. Hierdie aksie was baie positief ontvang deur beide personeel en leerlinge. Hulle het gevoel dat sulke inisiatiewe meer gereeld moet plaasvind om aan die jeug die voordele van moedertaalonderrig

Lees verder: TAS wil Afrikaans by Tuks bevorder

Toelaes is ‘politieke omkoopgeld’

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat dit krities belangrik is dat armoede in Suid-Afrika beveg moet word, maar het gewaarsku dat die persepsie begin ontstaan dat die ANC maatskaplike toelaes misbruik ten einde politieke mag te behou. Dit volg na uitsprake deur vooraanstaande Suid-Afrikaners waarin ernstige kritiek uitgespreek is teenoor korrupsie en die regering se

Lees verder: Toelaes is ‘politieke omkoopgeld’

SASCO benadeel Tuksstudente

Die VF Plus op Tuks is van mening dat die optrede van SASCO in die studente-parlement tot nadeel van studente strek. Die studente-parlement se termyn het reeds in Oktober 2010 begin maar SASCO het nog steeds nie portefeulje komitees vir die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aangewys nie. Hierdie proses moes reeds verlede jaar afgehandel gewees het.

Lees verder: SASCO benadeel Tuksstudente

Openbare Beskermer maak skoon

Net voor die wêreldmarkte ineengestort het, het die sogenaamde “jaar van higiëne” in Europa gefokus op die moraliteit van die politici en die media, wat in die skynbare beweging na konserwatiewer waardes al hoe meer bevraagteken is. Die knou wat die wêreldekonomie weg het, het die aandag gou weggevoer van hierdie luukse. Maar nie voor

Lees verder: Openbare Beskermer maak skoon

Aristide uiteindelik weg

Die uitgeweke oudpres. Jean-Bertrand Aristide (57) sal vroeg Vrydag in Port-au-Prince aankom nadat hy sowat sewe jaar in ballingskap in Suid-Afrika deurgebring het. Sy terugkeer na Haïti kom op ‘n kritieke oomblik in dié land se politieke geskiedenis en kan moontlik ou wonde oopmaak. Aristide is in 2004 in ‘n magsoorname uit Haïti gejaag en

Lees verder: Aristide uiteindelik weg

Is die Grondwethof ‘n instrument van die DA?

Die Valke, die polisie se elite-ondersoekeenheid in die plek van die Skerpioene, is ‘n politieke instrument, sê die Grondwethof. Die wetgewing wat die ontbinding onderlê is ongrondwetlik en die parlement sal binne 18 maande moet optree om dié kwessie reg te stel, het die hof bevind. Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke en regter Edwin Cameron het bevind

Lees verder: Is die Grondwethof ‘n instrument van die DA?