Buitelanders sal nie grond in SA besit nie

Buitelandse burgers sal nie langer in staat wees om grond te besit in Suid-Afrika nadat die regering se grondbeleid gefinaliseer is nie, het die minister van Grondhervorming Gugile Nkwinti Dinsdag verklaar. “Alle mense wat buitelandse burgers is sal nie hul eie grond besit nie, maar sal op ‘n langtermyn basis grond huur,” het hy gesê.

Lees verder: Buitelanders sal nie grond in SA besit nie

NAVO, Duitsland waarsku Noord-Korea

NAVO het Dinsdag Noord-Korea se kernwapentoets veroordeel en dit as ‘n “onbesonne daad” beskryf wat ‘n bedreiging vir wêreldvrede inhou. Noord-Korea se strewe na wapens van massavernietiging toon voortgesette verset teen die Veiligheidsraad, het die Noord-Atlantiese Raad, NAVO se hoogste uitvoerende liggaam, in ‘n verklaring gesê. “Hierdie onbesonne daad, tesame met die lansering van ‘n

Lees verder: NAVO, Duitsland waarsku Noord-Korea

Bin Laden se skieter praat

Die anonieme Amerikaanse seesoldaat wat Osama bin Laden doodgeskiet het, het in ‘n onderhoud met Esquire-tydskrif vertel hoe hy drie skote na die Al-Kaïda-leier se kop gevuur het. Alhoewel besonderhede reeds in boeke en onderhoude bekend geword het, is min nog gehoor van die man wat die noodlottige skote gevuur het. Die hele span het

Lees verder: Bin Laden se skieter praat

Geen doodstraf vir verkragters nie, sê minister

Die twee mans wat teregstaan weens die moord op Anene Booysen moenie op borg uitgelaat word nie, het Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, Dinsdag gesê. “Ons sê vandag aan die howe daar moet geen borgtog wees nie,” het sy ná die verskyning van Jonathan Davids en Johannes Kana aan joernaliste

Lees verder: Geen doodstraf vir verkragters nie, sê minister

Rekenmeester met vals note vasgevat

‘n Rekenmeester en ‘n man wat vermoedelik ‘n lid van ‘n sindikaat is wat in vervalste banknote handel dryf, is in Jabulani, Soweto, in hegtenis geneem. Ao. Kay Makhubela sê die polisie het Maandag om 19:00 na ‘n huis in die gebied gegaan om ‘n wenk op te volg. Polisiebeamptes het na bewering gesien hoe

Lees verder: Rekenmeester met vals note vasgevat

Verbied stakings in landbou

Die onstuimigheid waarin die land tans verkeer, en die gevolglike negatiewe ekonomiese implikasies daarvan, vereis dat staatsmanskap vereis word in die Staatsrede wat pres. Jacb Zuma eerskomende Donderdag gaan lewer. Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het die vertrou uitgespreek dat mnr. Zuma hom nie gaan laat bind deur kleinlike partypolitieke standpunte nie, en

Lees verder: Verbied stakings in landbou

‘n Swart pous?

Pous Benedictus XVI se bedanking het gelei tot oproepe dat sy opvolger uit Afrika moet kom, die tuiste van die wêreld se vinnigste groeiende bevolking en in die voorste linies van die belangrikste kwessies wat die Rooms-Katolieke Kerk in die gesig staar. “Die wêreld is nou multi-kleur,” sê die Poolse priester Stanislaw Skuza. Ongeveer 15

Lees verder: ‘n Swart pous?

SAA se waarnemende hoof geskors

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) het sy waarnemende hoof, Vuyisile Kona, geskors. “Dit is gebaseer op sekere bewerings wat onder die raad se aandag gebring is en dit is die raad se fidusiêre plig om dit te ondersoek,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. “Dit moet benadruk word dat die raad nog nie ‘n besluit

Lees verder: SAA se waarnemende hoof geskors

ANC gaan rekeninge van FNB skuif

Die ANC wil sy rekeninge by FNB sluit en na Postbank skuif, het die Sunday Times berig. Die besluit is in Desember tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung geneem, omdat die party meer “bekostigbare” bankkostes wil betaal. Die party het gesê dit moet op voorwaarde geskied dat die staatsbeheerde bank sy banklisensie in

Lees verder: ANC gaan rekeninge van FNB skuif