Rekenmeester met vals note vasgevat

‘n Rekenmeester en ‘n man wat vermoedelik ‘n lid van ‘n sindikaat is wat in vervalste banknote handel dryf, is in Jabulani, Soweto, in hegtenis geneem.

Ao. Kay Makhubela sê die polisie het Maandag om 19:00 na ‘n huis in die gebied gegaan om ‘n wenk op te volg.

Polisiebeamptes het na bewering gesien hoe die twee verdagtes R100-note ter waarde van R100 000 gedruk het.

Die note was ‘n mengsel van nuwes met oudpres. Nelson Mandela se gesig daarop, asook ou note.

Hulle is in hegtenis geneem, en van bedrog en die besit van vervalste geld aangekla.

Die rekenmeester – ‘n 29-jarige vrou – en die 32-jarige man sal Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

лобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae