NAVO, Duitsland waarsku Noord-Korea

NAVO het Dinsdag Noord-Korea se kernwapentoets veroordeel en dit as ‘n “onbesonne daad” beskryf wat ‘n bedreiging vir wêreldvrede inhou.

Noord-Korea se strewe na wapens van massavernietiging toon voortgesette verset teen die Veiligheidsraad, het die Noord-Atlantiese Raad, NAVO se hoogste uitvoerende liggaam, in ‘n verklaring gesê.

“Hierdie onbesonne daad, tesame met die lansering van ‘n missiel in Desember, hou ‘n werklike bedreiging in vir internasionale en plaaslike vrede, sekuriteit en stabiliteit,” het hulle gesê.

Hulle het Noord-Korea aangeraai om “onmiddellik sulke uitlokkende aksies te staak”.

Guido Westerwelle, Duitsland se minister van buitelandse sake, het Dinsdag gevra dat daar nuwe sanksies teen Noord-Korea ingestel moet word nadat die land erken het dat hulle ‘n kerntoets uitgevoer het.

“Strenger sanksies moet teen die regime in Pyongyang oorweeg word,” het Westerwelle in ‘n verklaring gesê.

Hy het Noord-Korea se optrede as ‘n “duidelike skending” van die reëls van die Verenigde Nasies beskryf.

Westerwelle het gevra dat die internasionale gemeenskap hul teenkanting teen Noord-Korea moet bevestig en het bygevoeg dat die kwessie tydens ‘n vergadering tussen die Europese Unie se ministers van buitelandse sake bespreek sal word.

лобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae