Buitelandse burgers sal nie langer in staat wees om grond te besit in Suid-Afrika nadat die regering se grondbeleid gefinaliseer is nie, het die minister van Grondhervorming Gugile Nkwinti Dinsdag verklaar.
“Alle mense wat buitelandse burgers is sal nie hul eie grond besit nie, maar sal op ‘n langtermyn basis grond huur,” het hy gesê.
Nkwinti het gereageer op ‘n vraag tydens ‘n “dialoog” met plaaswerkers van die Paarl, in die Wes-Kaap.
Die vraag was oor buitelandse eienaarskap van plase.
Die minister het gesê die regering het ‘n oudit van staatsgrond voltooi, maar is nog steeds besig met sy oudit van openbare en private grond.
“Grond in privaatbesit sluit grond in wat deur buitelanders besit word. Ons is besig met opnames van daardie grond,” het hy gesê.
Nkwinti het aan sy gehoor gesê die saak word deur die regering hanteer.
Vroeër, het die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies gesê dat die onlangs-aangekondigde R105-dagloon vir plaaswerkers ‘n minimum loon is, en dat boere meer kan betaal as hulle daarna voel.
Hy het gesê sommige plase wat betrokke is in uitvoerproduksie, kan dit bekostig om meer te betaal.
Davies het landbou-arbeid beskryf as ‘n “ongeorganiseerd sektor”.
“Julle is nie in vakbonde georganiseer nie,” het hy gesê aan ongeveer 200 plaaswerkers wat in die lokaal vir die geleentheid saamgekom het.
“As jy ‘n voldoende aantal mense in ‘n vakbond ingeskryf het, het jy die reg om die bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge af te roep,” het hy gesê.
Davies het aan mense met rooi Fawu en wit Bawusa T-hemde gesê: “Gaan nou en onderhandel, en kry vir jouself ‘n beter loon!”
Hy het gesê die grootste siektewat in sekere landelike dele van die Wes-Kaapse klinieke behandel word, is nie MIV/vigs, nie maar wanvoeding.
Minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson het gesê goedkoop arbeid is nou ‘n ding van die verlede.
“Goedkoop arbeid gaan nie langer geduld word nie,” het sy gesê.
Vroeër Dinsdag, is ‘n soortgelyke gesprek gehou met boere en kommersiële boerderye.
