Meer as 16-duisend Eskomwerkers maak gereed om te staak nadat loononderhandelinge vasgeval het. Die National Union of Mineworkers sê optogte is op koers as ‘n opbou vir die staking. Eskom het egter gesê die vakbonde moet eers arbitrasie deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie probeer voordat hulle staak. ‘n Woordvoerder, Hillary Joffe, sê
‘SADOU die probleem in die onderwys’
Die onderwysvakbond SADOU is daarvan beskuldig dat hy pogings in die wiele ry om gehalte-onderwys te lewer. Die uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, Ann Bernstein, sê die invloed waaroor die vakbond beskik, sal ingekort moet word, indien Suid-Afrika sy standaard van onderwys wil verbeter. SADOU het voorheen die skuld gekry vir
Implats gedagvaar deur Mugabe-regime
Die Zimbabwiese regering gaan Impala Platinum, die tweede grootste platinum-produsent ter wêreld, vervolg, berig RSG. Die besluit is geneem omdat dié maatskappy nog nie die vereiste 51% aandelebelang in sy Zimbabwiese bedrywighede aan plaaslike swart mense oorgedra het nie. Impala Platinum het vroeër die jaar gesê hy sal tot soveel as R73 miljard in Zimbabwe
Mugabe berispe MIV-rondslapers
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het manlike regeringsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle “van een vrou na ‘n ander hardloop” en sodoende MIV versprei, het staatsmedia Dinsdag berig. “Ons mans is nie tevrede met een vrou nie, al weet hulle dat hulle MIV-positief is,” het Mugabe tydens ‘n MIV/Vigs-konferensie in Harare gesê. “Ek weet van gevalle
Omroeper sy werk kwyt oor k-woord
‘n Bekende omroeper, Darren Scott van Jacaranda 94.2, het bedank nadat hy die k-woord teenoor ‘n swart kollega gebruik het. Scott was die gewilde aanbieder van die Just Plain Breakfast-oggendprogram. Scott het ook glo as SuperSport se ankeraanbieder vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi bedank, maar volgens bronne is hy gevra om te loop vanweë sy rassistiese
Kort video oor Afrikanergeskiedenis
In hierdie kort video word die Afrikaner- en Boeregeskiedenis visueel uitgebeeld, met “Die Stem” in die agtergrond. Фильчаков Харьков
Zuma-uitsprake bevorder misdaad
“Pres. Zuma se uitspraak dat Suid-Afrika se tronke vol swart gesigte is omdat swart mense nie geleenthede in Suid-Afrika het nie, bevorder misdaad. Die uitspraak skep regverdiging en verontskuldiging om misdaad te pleeg. Daar is baie ander Afrika-lande waar swart mense nog minder geleenthede het, maar hulle pleeg nie misdaad as gevolg daarvan nie. Zuma
SAIR dien klag in teen swart rassis
Advokaat Menzi Simelane behoort ondersoek te word omdat hy “onbillike rassediskriminasie” deur sy kommentaar aanwakker wat skade aan rasseverhoudinge kan veroorsaak. Dit is die siening van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, wat ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen die nasionale direkteur van openbare vervolging ingedien het. Simelane het die opmerkings gemaak in ‘n artikel
Twee polisiemanne vas oor afpersing
Twee polisiemanne is Dinsdag in hegtenis geneem toe hulle geld by ‘n motoris in Dobsonville, Soweto, geëis het, het die polisie in Gauteng gesê. Die beamptes, onderskeidelik 36 en 40 jaar oud, het Maandagmiddag ‘n motor van die pad afgetrek en probeer om die bestuurder af te pers deur R10 000 te eis nadat hulle
Zuma bekla rasse-ongelykhede
Omdat geleenthede in Suid-Afrika ontbreek vir swart mense is die tronke vol, het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Johannesburg gesê. Zuma het op voor ‘n gehoor van swart sakelui gesê “ongelykhede” in Suid-Afrika is die rede tot kommer. “Daar is baie min wit gevangenes, want hulle is besig om sake te doen, maar ons [swartes]
