Pallo Jordan se vreemde uitbarsting oor die liedjie De La Rey laat op die oog af meer vrae ontstaan as wat dit beantwoord. Totdat mens bietjie verder op die saak ingaan, bygesê. Dit is eerstens gewoon vir diktators soos Robert Mugabe of Kim Jong-Il om gedagtebeheer te wil toepas en stemme van kritiek stil te maak, maar vreemd dat ‘n regime in ‘n land wat glo “die beste grondwet op aarde het” hom genoop voel om hom amptelik uit te laat oor ‘n blote stuk musiek. Probeer minister Jordan ons dwing om “op die regte manier” na die liedjie te luister? Kan ons verwag dat hy vervolgens ook iets oor banale drek soos die groep Freshly Ground se liedjie “Doo bee doo bee doo” gaan kwytraak?
Pallo Jordan se vreemde uitbarsting
