Reserwebank verslap valutamaatreëls

Die Reserwebank sê hy gaan die maatreëls oor buitelandse valuta-beheer vir individue verder verslap, wat dit makliker sal maak vir persone om tot vyf miljoen rand per jaar in die buiteland te belê. Die Bank sê hy sal ook maatskappye toelaat om kapitaal in buitelandse besighede te verhoog, en maatreëls verslap vir korporasies wat buite

Lees verder: Reserwebank verslap valutamaatreëls

Die lang pad na ekonomiese vryheid

Duisende ondersteuners van die ANC-jeugliga het hul optog vir ekonomiese bevryding na die Kamer van Mynwese in Johannesburg begin. Die optog het begin kort nadat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, die skare by die Beyers Naudé-plein, waar hulle sedert Donderdagoggend vergader, toegespreek het. Malema het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om deur hul “lang

Lees verder: Die lang pad na ekonomiese vryheid

Katgeveg breek uit by die DA

Die venyn tussen faksies in die DA is na vore gebring deur die pasafgelope parlementêre leierskapstryd in die party nadat ‘n katgeveg tussen twee vooraanstaande vroue uitgebreek het. DA-leier Helen Zille het te velde getrek teen lede van haar party wat beweer het sy het die wenner, Lindiwe Mazibuko, onregverdig voorgestoot deur onbeskaamd vir haar

Lees verder: Katgeveg breek uit by die DA

Die DA se fopswarte

Lindiwe Mazibuko is pas tot die nuwe parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie verkies. Ek gaan terloops nou nie juis vreeslike krokodiltrane huil omdat haar teenstander, Athol Trollip, die verkiesing verloor het nie, buiten om te wonder of sy aggressiewe jingo-haat vir diegene wat hy “idiots” noem, Afrikaners, nie bygedra het tot sy nederlaag nie.

Lees verder: Die DA se fopswarte

Malema-ondersteuners prys Gaddafi

ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola het ondersteuners verseker dat daar nog beswaardes by hulle sal aansluit op die Beyers Naudé-plein in Johannesburg. Krete van “Viva Gaddafi!” het Donderdagoggend by die Jeugliga se opmars weerklink. Honderde optoggangers is vertraag vanweë vervoerprobleme. “Moenie vrees nie, die leierskap is hier. Daar is baie hekkies vir ons kamerade om hier

Lees verder: Malema-ondersteuners prys Gaddafi

Winnie, Malema en die boere

Winnie Madikizela-Mandela het president Jacob Zuma die skuld vir die dissiplinêre klagtes teen Julius Malema gegee. Madikizela-Mandela het Woensdag gesê die besluit om die ANC-jeugliga leier aan te kla was Zuma se keuse. Sy het getuienis by die verhoor by die Rand-stadion in Turffontein gelewer. Die vervolgingspan het nie vir Zuma of die ANC se sekretaris-generaal,

Lees verder: Winnie, Malema en die boere

Skoolinbrake is ‘nasionale krisis’

‘n Woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, Panyaza Lesufi, het gesê diefstal uit skole is ‘n “nasionale krisis”. “Misdadigers sal enige ding – selfs muurhakies vir baadjies steel. In Gauteng is daar ‘n groot probleem met rekenaars wat gesteel word. “Huise en besighede word beveilig, sodat misdadigers skole teiken. Ons kan nie bekostig om

Lees verder: Skoolinbrake is ‘nasionale krisis’

Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie

Die Kamer van Mynwese sê hy is meer bekommerd oor die oproepe om die nasionalisering van myne as oor die ANC-Jeugliga se optogte vandag en môre in Gauteng. Die kantoor van die Kamer van Mynwese is die eerste plek waar die optoggangers sal aandoen. Die direkteur van die Kamer, dr Frans Barker sê beleggers sal

Lees verder: Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie