Smelters afgeskakel om krag te spaar

Twee van BHP Billiton se kragintensiewe aluminiumsmelters is Donderdagaand afgeskakel omdat die vraag na elektrisiteit Eskom se beskikbare hoeveelheid krag oorskry het, het Beeld berig. Hilary Joffe, Eskom se woordvoerder, het Donderdagaand ná die spitsverbruikstyd gesê die vraag na elektrisiteit was meer as 35 000 MW tussen 17:00 en 21:00. Eskom kan 34 970 MW

Lees verder: Smelters afgeskakel om krag te spaar

‘Elke kind moet by die skool wees’

Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê Suid-Afrikaners behoort onderwys ernstig op te neeem. “As ek daaroor kon besluit sou opvoeding nie net gratis wees nie, maar ook verpligtend,” het Zuma aan studente by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus gesê. “Elke kind sou by die skool wees… Ons moet alle Suid-Afrikaners bemagtig. Dit moenie ‘n

Lees verder: ‘Elke kind moet by die skool wees’

De Klerk-stigting kla oor rasgedrewe SAA-kadette

Vaardigheid, en nie net ras nie, moet deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) oorweeg word wanneer hy kandidate kies vir sy kadetprogram vir voornemende vlieëniers, het die FW de Klerk-stigting Donderdag gesê. Dis begryplik dat SAA wil hê sy vlugpersoneel moet verteenwoordigend wees van die land se demografie, het Jacques du Preez, woordvoerder vir die stigting,

Lees verder: De Klerk-stigting kla oor rasgedrewe SAA-kadette

DA wil Mandela-standbeeld in Kaapstad oprig

‘n Standbeeld van oudpres. Nelson Mandela kan dalk opgerig word voor die stadsaal in Kaapstad, waar hy ná sy vrylating sy eerste toespraak gelewer het, berig die Cape Times. Leonore van der Walt, DA-raadslid, het Woensdag op ‘n raadsvergadering voorgestel dat ‘n komitee aangestel word om die om die proses en befondsing te bespreek. Andre

Lees verder: DA wil Mandela-standbeeld in Kaapstad oprig

Motlanthe vergader met myn-rolspelers

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe vergader vandag in Pretoria met belangrike rolspelers in die mynbedryf. Die Presidensie sê die vergadering is deel van die pogings om die bedryf te stabiliseer en ‘n volhoubare oplossing vir die probleme te kry. Die National Union of Mineworkers, die vakbond AMCU, Solidariteit, NACTU, Cosatu, die Kamer van Mynwese en die Suid-Afrikaanse

Lees verder: Motlanthe vergader met myn-rolspelers

Zuma vra dat land vir Mandela bid

President Jacob Zuma het weer ‘n beroep op mense gedoen om vir oudpresident Nelson Mandela, te bid en hom in hul gedagtes te hou. Zuma het Mandela in die hospitaal in Pretoria besoek, waar hy die afgelope ses dae vir ‘n longinfeksie behandel word. Die hospitaal waar Mandela behandel word, sê hoewel hy die pligte

Lees verder: Zuma vra dat land vir Mandela bid

Vyfde Turkse betoger sterf

‘n Betoger wat beseer is tydens botsings met die Turkse onluste-polisie, is dood, het ‘n prokureur gesê. Die sterftesyfer ná twee weke se betogings in die land het nou na vyf gestyg. Protesaksies naby Istanboel se Taksim-plein het oënskynlik begin toe inwoners ongelukkig was oor ‘n plan om ‘n plaaslike park te herontwikkel. Dit het

Lees verder: Vyfde Turkse betoger sterf

Vandale skend Christengrafte in Jerusalem

Vandale het grafte by ‘n Christelike begraafplaas in Tel Aviv beskadig, het die polisie gesê. Micky Rosenfeld, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die woord “prysetiket” is Donderdag op verskeie grafte in die voorstad Jaffa gevind. Die frase word gewoonlik deur ‘n groep Joodse ekstremiste gebruik. Die groep is gekant teen wat hulle sien as die Israelse

Lees verder: Vandale skend Christengrafte in Jerusalem

EFF wil Lamola ontbloot na kritiek teen Malema

Die sogenaamde Economic Freedom Fighters het Ronald Lamola as ‘n “kortsigtige beroepsondersteuner” uitgekryt nadat Lamola Malema gekritiseer het. “Lamola sal enigiets doen, insluitend diktators smeek vir sy persoonlike vryheid, en dus die saak vir ekonomiese vryheid in ons leeftyd opoffer,” het Floyd Shivambu, voormalige woordvoerder van die ANC-jeugliga, in ‘n verklaring namens die EFF gesê.

Lees verder: EFF wil Lamola ontbloot na kritiek teen Malema