Bedreiging van die lewendes

(met apologie aan Breyten Breytenbach)   Dames en here, vergun my om u voor te stel aan haar, nie so maer; sy dra groen oë en trek haar gebleikte hare om by die swart wortels vir u ’n gedig uit te grawe        soos byvoorbeeld: ek is bang om my oë uit te haal én te

Lees verder: Bedreiging van die lewendes

Frederick Fourie en ander lafaards

ImageDie nuus dat prof. Frederick Fourie, die Groot Transformeerder van die Vrystaatse Universiteit, die aftog blaas en homself heel waarskynlik in Australië gaan vestig, maak reeds deel uit van 'n patroon wat Afrikaanse universiteite teister. Voor hom was daar prof. Chris Brink van Stellenbosch wat hom insgelyks ten doel gestel het om daardie universiteit sogenaamd te transformeer of te verengels en toe inderhaas Engeland toe geëmigreer het.

Lees verder: Frederick Fourie en ander lafaards

Jong kommunistiese liga s? sekere Skerpioene was apartheidsagente

Die jong kommunistiese liga sê dit beskik oor 'n lys van Skerpioene-ondersoekers wat in die apartheidsbewind se veiligheidstrukture gedien het.

Lees verder: Jong kommunistiese liga s? sekere Skerpioene was apartheidsagente

Skipbreuke en die held Woltemade

ImageBartolomeus Dias het die Kaap “Stormkaap” genoem, en die naam was gepas. Sedert 1500 het honderde skipbreuke aan die Suid-Afrikaanse kus voorgekom. In die nag van 17 op 18 Junie 1722 het sewe Nederlandse en drie Engelse skepe byvoorbeeld in Tafelbaai vergaan en seshonderd man verdrink. Een van die skipbreukelinge van die Britse skip Chandos, 'n Portugese seun Ignácio Ferreira, het aan 'n leë wynvaatjie of 'n plank vasgeklou en op die strand uitgespoel. Aan die goewerneur het hy gesê dat hy ná die bittere ervaring nooit weer wil vaar nie, en het dringend gevra of hy aan die Kaap mag woon. Hy het verlof gekry om aan die Kaap te bly en het die stamvader van die Ferreira's geword.

Lees verder: Skipbreuke en die held Woltemade