Die oorheersing van een volk oor ’n ander word internasionaal as ’n onaanvaarbare situasie beskou. Internasionale konvensies is duidelik oor die onwenslikheid en selfs onwettigheid van sulke vorme van oorheersing. Die huidige toestand waar die Afrikaner tans deur swartes oorheers word het onder unieke omstandighede tot stand gekom, maar is helaas nie volhoubaar nie.
Die rede vir die onvolhoubaarheid is nie ver te soek nie: die vlakke van kundigheid, opleiding en kulturele verfyndheid by die gemiddelde blanke en Afrikaner is steeds ver bokant die gemiddeld onder swartes. Die enigste rede waarom blankes deur swartes oorheers word, het te make met getalle. Demokrasie soos dit in Suid-Afrika toegepas word, is sinoniem met ’n koppetellery.
