Moet Suid-Afrikaners bekommerd wees vir die skynbaar nuwe e-Coli-variant wat al sowat 20 lewens in Europa geëis het, en nou reeds na die VSA versprei het? Kenners is dit nog nie eens of dit ‘n nuwe variant is of nie. Terwyl ‘n Sjinese laboratorium bevind het dis nuut, vra ander deskundiges hoe dit nuut kan
Die WaBenzi-diktatuur – waarom die demokrasie in SA misluk het
Enkele maande gelede het die Duitse kanselier, me. Angela Merkel, erken dat die multikulturele samelewing in haar land misluk het. Suid-Afrika se mislukking is egter veel erger: by ons het die demokrasie geheel en al skipbreuk gely. Pleks van liberale demokrasie, word ons tans deur ‘n WaBenzi-diktatuur geteister. Wie is die WaBenzi? Hierdie term is
Lees verder: Die WaBenzi-diktatuur – waarom die demokrasie in SA misluk het
Nigeriese babafabriek bestorm
Nigeriese polisielede het ‘n klopjag op ‘n beweerde “babaplaas” uitgevoer waar die tienermoeders gedwing is om hul pasgeborenes aan mensehandelaars te oorhandig. Twee-en-dertig swanger meisies is gered uit ‘n kraamhuis in die suidelike stad van Aba, het die polisie gesê. Die meisies, veral van skoolgaande ouderdom, is na bewering opgesluit by die Cross Foundation-kliniek sodat
Jongste Franse mode: Seksskandale
‘n Franse politikus het op nasionale TV gesê dat ‘n voormalige minster in Marrakesj in hegtenis geneem is ná hy seuns tydens ‘n orgie gemolesteer het. Dit is die derde Franse persoonlikheid wat in verband met onsedelike gedrag in die kollig beland. Die politikus voer aan dat senior beamptes die voorval toegesmeer het, maar sal
Studente vandaliseer kampus
Sestien studente van die Walter Sisulu Universiteit se Ibika-kampus in Butterworth is Donderdag in hegtenis geneem vir openbare geweld, brandstigting en vandalisme, het die polisie in die Oos-Kaap verklaar. Volgens kapt. Jackson Manatha is 10 mans en ses vroue in hegtenis geneem nadat hulle die universiteit se snoepwinkel gevandaliseer het asook ‘n veiligheidswagvertrek aan die
Albertina Sisulu oorlede
Albertina Sisulu, veteraan-aktivis en weduwee van die voormalige ANC-adjunkpresident Walter Sisulu, is Donderdagaand in haar huis in Linden, Johannesburg, op die ouderdom van 92 oorlede. Albertina Sisulu was ‘n anti-apartheid vaandeldraer wat nou betrokke by die ANC-Vroueliga was. Besonderhede oor haar afsterwe is nog nie beskikbaar nie. Een van haar dogters, Beryl – ‘n voormalige
3 voertuie vir ‘n asemrowende toer
Tydens ons onlangse toer van Krugersdorp na Kgalagadi het ons drie viertrekvoertuie getoets, voorwaar ‘n besondere voorreg. Hier volg ons ry-indrukke van die viertrekveldtemmers. Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 Overland Die Jeep het hom goed gedra; ons was drie mense in die voertuig met ‘n kampeeryskas, 45-literkoelkas, herwinningstoerusting, twee kratte kos, 20 liter drinkwater, klere,
Kovsies tjilp oor Oprah-besoek
Die groot nuus van ‘n bekende swart Amerikaanse TV-persoonlikheid se besoek aan Bloemfontein is Donderdag deur prof. Jonathan Jansen, UV-rektor, op Twitter aangekondig. “You heard it here first… On 24 June Oprah Winfrey lands on the campus of the University of the Free State,” het Jansen se twiet gelui. Die Burger berig dat die kletskoningin
Gesoek: Behoorlike ondersoekende joernalistiek
Te midde van die debat oor die nuwe voorgestelde inligtingswet, is dit ook nodig dat Suid-Afrikaners diep na hulself kyk en besin of die gemiddelde landsburger nie self ‘n aandeel het daarin dat die land kenmerke van ‘n volstruispolitieke republiek begin toon nie. Dit het staatsdepartemente soos Statistiek Suid-Afrika nie lank geneem om vas te
‘Oilgate’ weer opgediep
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het gevra dat adv. Lawrence Mushwana as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) moet bedank na aanleiding van die appèlhof se verdoemende uitspraak dat die Openbare Beskermer (OB), destyds adv. Mushwana, se ondersoek na die Oilgate-skandaal so halfhartig en oppervlakkig was, dat dit daarop neerkom dat hy hoegenaamd geen ondersoek gedoen het
