Tokyo se straler staan reg

Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, het een van sy privaatstralers op bystand gesit vir sy adjunkminister wat in die hospitaal is. Zou Kota-Fredericks is op 1 November ernstig beseer in ‘n trompop-botsing 20km buite Leeu-Gamka naby Beaufort-Wes. Chris Vick, Sexwale se spesiale adviseur, sê Fredericks se toestand het verbeter, maar sy is steeds in die

Lees verder: Tokyo se straler staan reg

Britte wil immigrante wegwys

Gordon Brown, die Britse premier, het Donderdag gesê dokters en werkers in ander professies wat vanuit lande buite Europa afkomstig is, sal binnekort nie meer toegelaat word om poste in dié land te vul nie. Brown het Donderdag belowe om die immigrasiestelsel van die land, wat bepaal watter immigrante in Brittanje mag werk, nóg strenger

Lees verder: Britte wil immigrante wegwys

Zuma en amptenare kry 7% verhoging

President Jacob Zuma het ‘n 7% verhoging vir alle staatsamptenare goedgekeur, het die presidensie gesê. “In die lig van die huidige ekonomiese situasie en die druk op die regering se finansies, het ek besluit om ‘n verhoging van 7% toe te staan,” het hy gesê. Die onafhanklike kommissie vir die vergoeding van openbare verteenwoordigers het

Lees verder: Zuma en amptenare kry 7% verhoging

‘Onskuldiges wat sterf onvermydelik’

Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, sê dit is onvermydelik dat onskuldige mense in die kruisvuur tussen die polisie en misdadigers getref kan word. Hy het Donderdag planne om die polisie meer mag te gee om dodelike skietkrag te gebruik, verdedig. “Onskuldiges sal altyd geteiken word,” het Mbalula aan joernaliste in die parlement gesê. “In die

Lees verder: ‘Onskuldiges wat sterf onvermydelik’

Kuba eersdaags in die duister?

Kuba het “buitengewone maatreëls” aangekondig om energieverbruik te sny tot die einde van die jaar om die gehate kragonderbrekings wat die land in 1991 met die val van hulle troue bondgenoot, die Sowjet-Unie, gekenmerk het, te probeer pypkan. In dokumente wat Reuters bekom het, waarsku owerhede dat die eiland ‘n “kritieke energietekort” in die gesig

Lees verder: Kuba eersdaags in die duister?

Bok gaan Bokke besing

Luidens ’n persverklaring gaan Bok van Blerk vier liedjies sing vir die wedstryd tussen die Springbokke en die Engelse rugbyklub Saracens. Hy is genooi om Dinsdag  in die Wembley-stadion op te tree, voor die wedstryd. Dit is die Springbokke se enigste wedstryd in Londen op hul Europese toer. “De la Rey”, “Ons Vir Jou Suid-Afrika”,

Lees verder: Bok gaan Bokke besing

Nederland kan dalk soldate na Afrika stuur

Die Nederlandse regering kan dalk soldate vir vredesoperasies na Afrika stuur. Die drie lande wat oorweeg word, is Soedan, Somalië en die DRK. Die Nederlandse oggendkoerant Algemeen Dagblad berig dat die Nederlandse minister van ontwikkelingsamewerking Bert Koenders die premier, Jan Peter Balkenende, in die geheim oor die aangeleentheid ontmoet het. Twee vise-premiers, Wouter Bos en

Lees verder: Nederland kan dalk soldate na Afrika stuur

Selebi se persoonlike vleismes

Dis dikwels die klein besonderhede in nuusberigte wat meer interessant is as die berig self. Gister berig Talk Radio 702 oor Jackie Selebi se verhoor. Tydens die berig noem die verslaggeefster dat Selebi dikwels by ‘n restaurant in Melrose Arch gaan eet het, en dat hy sy eie persoonlike vleismes daar het. Melrose Arch is

Lees verder: Selebi se persoonlike vleismes

Slagting onder boere neem toe

Terwyl die wêreld se oë op die sterftesyfer in die konflikteater in Afghanistan gerig is, het ‘n meer opspraakwekkende dodetal aan die lig gekom in ‘n land wat veronderstel is om voorspoed en vrede te beleef. Uit statistieke van die landbou-organisasie TLU SA blyk dit dat 91 Britse soldate vanjaar in die oorloggeteisterde Afganistan dood

Lees verder: Slagting onder boere neem toe