Britte wil immigrante wegwys

Gordon Brown, die Britse premier, het Donderdag gesê dokters en werkers in ander professies wat vanuit lande buite Europa afkomstig is, sal binnekort nie meer toegelaat word om poste in dié land te vul nie.

Brown het Donderdag belowe om die immigrasiestelsel van die land, wat bepaal watter immigrante in Brittanje mag werk, nóg strenger te maak.

Brown het vandag ‘n groot toespraak oor immigrasie gelewer.

“Een van die redes waarom immigrasie sal afneem, is die opskerping van die puntesisteem en die sisteem sal oor die volgende paar maande al hoe strenger word,” het Brown gedurende ‘n onderhoud met die Daily Mail gesê.

Brown het gesê immigrasie het gedien as ‘n “ekonomiese, sosiale en kulturele sterkpunt vir Brittanje”, maar vrese oor die invloed van ‘n groeiende bevolking op indiensneming, salarisse en kostes rondom behuising wek egter kommer.

Brown het gesê hy is bewus van die burgers van die land se bekommernis oor die uitwerking van immigrasie op hul salarisse en die toekoms van hul kinders.

Brittanje het egter ‘n tekort aan dokters en verpleegsters gehad toe Brown se Arbeidersparty in 1997 aan bewind gekom het en duisende is uit oorsese lande aangestel.

“Ons het gevorder wat die opleiding van die nuwe generasie mediese praktisyne in ons land betref,” het hy gesê.

“Ons poog om die tekort aan vaardighede in die land te vernou sodat mense nie meer vanuit ander lande aangestel hoef te word nie.”

“Immigrasie sal afneem,” het die premier beaam.

 

освещение ступеней лестницыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae