Zimbabwe se president, Robert Mugabe het volgens regeringsbronne in die geheim na Singapoer gereis vir mediese behandeling, vir die agtste keer vanjaar, te midde van toenemende bespiegeling oor die gesondheid van die 87-jarige leier. Politieke waarnemers sê terwyl Mugabe sy 32ste jaar aan bewind nader, begin faksies in Zanu-PF in die openbaar steun werf in
Reserwebank verslap valutamaatreëls
Die Reserwebank sê hy gaan die maatreëls oor buitelandse valuta-beheer vir individue verder verslap, wat dit makliker sal maak vir persone om tot vyf miljoen rand per jaar in die buiteland te belê. Die Bank sê hy sal ook maatskappye toelaat om kapitaal in buitelandse besighede te verhoog, en maatreëls verslap vir korporasies wat buite
Die lang pad na ekonomiese vryheid
Duisende ondersteuners van die ANC-jeugliga het hul optog vir ekonomiese bevryding na die Kamer van Mynwese in Johannesburg begin. Die optog het begin kort nadat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, die skare by die Beyers Naudé-plein, waar hulle sedert Donderdagoggend vergader, toegespreek het. Malema het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om deur hul “lang
Katgeveg breek uit by die DA
Die venyn tussen faksies in die DA is na vore gebring deur die pasafgelope parlementêre leierskapstryd in die party nadat ‘n katgeveg tussen twee vooraanstaande vroue uitgebreek het. DA-leier Helen Zille het te velde getrek teen lede van haar party wat beweer het sy het die wenner, Lindiwe Mazibuko, onregverdig voorgestoot deur onbeskaamd vir haar
Die DA se fopswarte
Lindiwe Mazibuko is pas tot die nuwe parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie verkies. Ek gaan terloops nou nie juis vreeslike krokodiltrane huil omdat haar teenstander, Athol Trollip, die verkiesing verloor het nie, buiten om te wonder of sy aggressiewe jingo-haat vir diegene wat hy “idiots” noem, Afrikaners, nie bygedra het tot sy nederlaag nie.
Malema-ondersteuners prys Gaddafi
ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola het ondersteuners verseker dat daar nog beswaardes by hulle sal aansluit op die Beyers Naudé-plein in Johannesburg. Krete van “Viva Gaddafi!” het Donderdagoggend by die Jeugliga se opmars weerklink. Honderde optoggangers is vertraag vanweë vervoerprobleme. “Moenie vrees nie, die leierskap is hier. Daar is baie hekkies vir ons kamerade om hier
Winnie, Malema en die boere
Winnie Madikizela-Mandela het president Jacob Zuma die skuld vir die dissiplinêre klagtes teen Julius Malema gegee. Madikizela-Mandela het Woensdag gesê die besluit om die ANC-jeugliga leier aan te kla was Zuma se keuse. Sy het getuienis by die verhoor by die Rand-stadion in Turffontein gelewer. Die vervolgingspan het nie vir Zuma of die ANC se sekretaris-generaal,
Skoolinbrake is ‘nasionale krisis’
‘n Woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, Panyaza Lesufi, het gesê diefstal uit skole is ‘n “nasionale krisis”. “Misdadigers sal enige ding – selfs muurhakies vir baadjies steel. In Gauteng is daar ‘n groot probleem met rekenaars wat gesteel word. “Huise en besighede word beveilig, sodat misdadigers skole teiken. Ons kan nie bekostig om
Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie
Die Kamer van Mynwese sê hy is meer bekommerd oor die oproepe om die nasionalisering van myne as oor die ANC-Jeugliga se optogte vandag en môre in Gauteng. Die kantoor van die Kamer van Mynwese is die eerste plek waar die optoggangers sal aandoen. Die direkteur van die Kamer, dr Frans Barker sê beleggers sal
Lees verder: Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie
Swart oortref wit
Afrikane beslaan tans sowat 15% van die wêreld se bevolking van sewe miljard mense uit en die getal kan teen die einde van die eeu groei tot 35%, volgens die Duitse Federale Instansie van Bevolkingsnavorsing (BiB). Die rede vir die skerp toename is die geboortesyfer in Afrika. Europeërs maak slegs 10% van die wêreld se
