Vlaams Belang-leier kom nie Namibië toe nie

Filip Dewinter (Vlaams Belang) verhuist niet naar Namibië. In mei zei de Antwerpse politicus dat hij dit zou doen als Elio Di Rupo premier zou worden. En er is nu een Facebookgroep opgericht, die hem aan die belofte wil houden. Ze vragen zich af of Filip Dewinter al aan het inpakken is en wanneer hij

Lees verder: Vlaams Belang-leier kom nie Namibië toe nie

Media24 moet opdok oor leuens

Media24 en voormalige Huisgenoot-redakteur Esmaré Weideman moet R75 000 in boetes opdok vir die publikasie van ‘n artikel waarin bewerings oor seksuele wandade teen die Afrikaanse sanger Jurie Els gemaak is. Die hooggeregshof in Kaapstad het die uitspraak Woensdag gelewer, na Weideman en Media24 skuldig bevind is aan minagting van die hof in die appèlhof

Lees verder: Media24 moet opdok oor leuens

Mali se goudmyne buit kinders uit

Tussen 20 000 en 40 000 kinders werk in goudmyne in Mali, Afrika se derde grootste goudprodusent, het die menseregtegroep Human Rights Watch (HRW) Dinsdag gesê. “Kinders van so jonk as ses jaar moet mynskagte uitgrawe, ondergronds werk en swaar erts ronddra,” het HRW in ‘n verklaring gesê. “Talle kinders hanteer ook kwik, ‘n giftige

Lees verder: Mali se goudmyne buit kinders uit

Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

Thomas Ferreira wat op 5 November op sy motorfiets omgery is deur die bloulig-voertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se toestand het weer versleg. Hy is Woensdag weer aan ‘n ventilator gekoppel word nadat hy langer as drie weke self kon asemhaal. Hy het erge kopbeserings na die ongeluk opgedoen en

Lees verder: Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

Boere moet grond gee vir ANC-fees

Die ANC het boere en ander inwoners van Bloemfontein versoek om grond beskikbaar te stel vir tentdorpe sodat gaste daar kan bly vir die ANC-eeufees in die stad, berig die Volksblad. Talle tentdorpe sal nodig wees en op oop stukke grond in en om die stad opgerig word vir die nagenoeg 100 000 mense wat

Lees verder: Boere moet grond gee vir ANC-fees

Zuma skuld munisipaliteit meer as R100 000

The Star berig dat president Zuma R120 000 skuld aan munisipale belasting. Dié skuld is vir twee woonstelle se elektrisiteit en water. Die kragtoevoer van die gebou is weens ‘n munisipale rekening van sowat R2 miljoen, twee weke gelede afgesny. Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy gaan dringende aksie neem oor sy uitstaande rekening

Lees verder: Zuma skuld munisipaliteit meer as R100 000

Wit skool verloor stryd

Skole in Gauteng se beheerliggame het nie onbeperkte magte in die toelating van leerders by staatskole nie. Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het beslis dat die provinsiale departement van onderwys die finale sê het. Die Rivonia Primary School en sy beheerliggaam het die provinsiale departement van onderwys hof toe geneem, nadat dié ingegryp het nadat

Lees verder: Wit skool verloor stryd

Jeugliga groen en springlewendig

‘n Klimaatsoptog in Durban het Dinsdag byna ontaard in chaos toe lede van die ANC-jeugliga die geleentheid gebruik het om steun vir President Jacob Zuma te wys. Die polisie moes menslike skilde vorm om botsings te voorkom tussen diegene wat die optog wou hou om te fokus op groen kwessies en diegene wat plakkate ter

Lees verder: Jeugliga groen en springlewendig

Tender ruik na visbalie

‘n Konsortium wat die eienaar van een van die land se grootste vismaatskappye is, het ‘n byna R1-miljard-tender losgeslaan om Suid-Afrika se visbedryf op see te polisieer. Sekunjalo Investments staan ​​aan die hoof van die konsortium. Dit is ‘n bron van groot kommer dat die maatskappy beide die speler en skeidsregter in die polisiëring van

Lees verder: Tender ruik na visbalie

DRK raak onrustig oor uitslae

Geweld het in dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo en in die buiteland uitgebreek en diplomate skarrel om die spanning te ontlont voor dié land se verkiesingsuitslae bekendgemaak word, het RSG berig. Die DRK se verkiesingskommissie het die aankondiging van die wenner van die land se presidensiële verkiesing van November 28 uitgestel. Dit

Lees verder: DRK raak onrustig oor uitslae