“Kinders van so jonk as ses jaar moet mynskagte uitgrawe, ondergronds werk en swaar erts ronddra,” het HRW in ‘n verklaring gesê.
“Talle kinders hanteer ook kwik, ‘n giftige stof, om goud en erts van mekaar te skei. Kwik val die sentrale senuweestelsel aan en is veral skadelik vir kinders.”
Kinders met wie daar onderhoude gehou is, het gekla van gereelde rug-, hoof-, nek-, en armpyn sowel as hoesbuie en asemhalingsprobleme.
Baie van die kinders werk saam met hulle ouers om inkomste te verbeter terwyl ander self na myne gaan om te werk. Daar word hulle dan uitgebuit en mishandel deur familie of vreemdelinge wat hulle lone steel.
Van die meisies word seksueel mishandel.
Die regtegroep het die regering gevra om die bestaande wetgewing oor kinderarbeid en verpligte skoolonderrig te implementeer.
“Plaaslike beamptes trek dikwels voordeel uit die goudmynbedryf en het geen behoefte daaraan om die probleem van kinderarbeid aan te spreek nie.”
