Bono, die boerehater, se musiek kan maar asblik toe

Daardie bemoeisieke, selfaangestelde Ierse heilige wie se formidabele intellek (al dan nie) hom genoop het om homself na ‘n hondekos-maak te vernoem, Bono, meen dat dit aanvaarbaar is om onder sekere omstandighede Kill the Boer te sing. Einstein Bono meen dat dit van die konteks afhang waarbinne dit gesing word. Wel, ja, nes dit ook

Lees verder: Bono, die boerehater, se musiek kan maar asblik toe

Plaasmoorde plaas Zuma se staatsrede in grusame konteks

“Die jongste plaasmoorde in Noordwes toe Deon van Staden en sy vriendin, die 73-jarige Babs Strecker vermoor, en die jongste twee plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat kort na pres. Jacob Zuma se staatsrede plaas die president se standpunte oor ‘n afname in sekere misdaadkategorieë in grusame konteks.” So sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese

Lees verder: Plaasmoorde plaas Zuma se staatsrede in grusame konteks

Stede, plekke van rewolusie

Stede is plekke van rewolusie, want ‘n stedelike omgewing verbind organiseerders van die opposisie en sulke noue samewerking kan plaaslike wetstoepassers oorweldig. Groot stedelike bevolkings skep die skaal wat nodig is daarvoor. Die fisiese hindernisse wat in stede voorkom maak dit boonop moeilik vir militêre troepe om maklik te beweeg. Die megapolis Kaïro is maar

Lees verder: Stede, plekke van rewolusie

Mubarak kies die hasepad

Woedende betogings het binne oomblikke in feesvieringe verander nadat dit bekend geraak het dat Hosni Mubarak sal uittree as president van Egipte. Die adjunk-president, Omar Suleiman, het die aankondiging omstreeks 18:00 Vrydagaand oor die plaaslike televisiestasie bekend gemaak. Honderdduisende Egiptenare het partytjie gehou op Tahrir-plein nadat hulle vir sowat 18 dae lank in opstand was

Lees verder: Mubarak kies die hasepad

Jannie maak saak teen Winnie

Die polisieman wat in ‘n onderonsie met Winnie Madikizela-Mandela betrokke was, gaan Vrydag in Pretoria ‘n kriminele klag teen haar indien, volgens die vakbond Solidariteit. Ao. Jannie Odendaal gaan om 12:00 ‘n saak by die Brooklynpolisiekantoor aanhangig maak. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, het in ‘n verklaring gesê die vakbond ondersteun Odendaal. Odendaal en

Lees verder: Jannie maak saak teen Winnie

Regsfirma los warm patat Malema

Die skielike onttrekking van ‘n topprokureursfirma wat ANC-jeugliga president Julius Malema met sy singery van “Skiet die boer” verdedig het, verdeel tans die firma en het die woede van die regerende party uitgelok. ‘ n Senior prokureur by die firma het blykbaar reeds bedank. Malema het hierdie week geen moeite ontsien om Edward Nathan Sonnenbergs

Lees verder: Regsfirma los warm patat Malema

Sarkozy verklaar multikulti tot mislukking

Die Franse president Nicolas Sarkozy het die multikulturele samelewing tot mislukking verklaar. “Ons het ons te veel besiggehou met die identiteit van die immigrant en nie genoeg met die identiteit van die land wat hom ontvang nie”, sê Sarkozy. Hy het Donderdag in ‘n onderhoud met TV-sender TF1 dié uitlatings gemaak. Sarkozy het homself teen

Lees verder: Sarkozy verklaar multikulti tot mislukking

Werkloosheid oorsaak van sosiale verval

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat werkloosheid nie net armes se probleem is nie, maar dat dit alle Suid-Afrikaners affekteer omdat dit onderliggend is aan misdaad en ander sosiale probleme in die land. Die party het gesê dat dit in alle Suid-Afrikaners, hetsy wit of swart, arm of ryk, se belang is dat hierdie fundamentele

Lees verder: Werkloosheid oorsaak van sosiale verval

Transformasie voor veiligheid stel lewens in gevaar

“Die Polisie mag nie mense se lewens in gevaar stel deur transformasie voor die veiligheid van landsburgers te stel nie,” het Jan van Niekerk, Vryheidsfront Plus-LPW in die Vrystaat, vandag gesê. Dit volg nadat die Bloemfonteinse blitspatrollie na bewering verbied word om enigsins van hul roetes af te dwaal om lewensgevaarlike situasies op te los.

Lees verder: Transformasie voor veiligheid stel lewens in gevaar