praag.co.za

Jannie maak saak teen Winnie

Written by

in

Die polisieman wat in ‘n onderonsie met Winnie Madikizela-Mandela betrokke was, gaan Vrydag in Pretoria ‘n kriminele klag teen haar indien, volgens die vakbond Solidariteit.

Ao. Jannie Odendaal gaan om 12:00 ‘n saak by die Brooklynpolisiekantoor aanhangig maak.

Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, het in ‘n verklaring gesê die vakbond ondersteun Odendaal.

Odendaal en konst. Abel Twala het in Desember Madikizela-Mandela se motor op die M1-Noord in Johannesburg afgetrek omdat dit teen 150 km/h deur verkeer gejaag het.

Die beamptes sê hulle het geglo die silwerkleurige Audi A6 met donkergetinte ruite het “verdag” voorgekom.

Voordat die voertuig tot stilstand gekom het, het ‘n lyfwag uitgeklim en aan Odendaal gesê Madikizela-Mandela is in die motor.

‘n Argument het daarna tussen die lyfwagte en polisiebeamptes ontstaan.

Die lyfwagte het ‘n aanklag van die rig van ‘n vuurwapen en intimidasie by die polisie ingedien.

Ingevolge die polisie se interne dissiplinêre regulasies is die beamptes tydelik verplaas totdat die ondersoek teen hulle afgehandel is.

Die beamptes moes ook hul dienspistole inhandig.

игрыдляпрокурор харьковской области

Comments

Leave a Reply