Dit volg nadat die Bloemfonteinse blitspatrollie na bewering verbied word om enigsins van hul roetes af te dwaal om lewensgevaarlike situasies op te los. Die VF Plus gaan op ‘n dringende basis hieroor met die Provinsiale Direkteur vir Polisie in die Vrystaat skakel om vas te stel wat die redes agter hierdie beweerde situasie is.
“Die feit dat blitspatrollie-beamptes verbied word om met ‘n persoon van dieselfde ras en kollegas wat hulle vertrou na misdaadtonele te mag uitgaan, is verregaande en skend die grondwetlike regte van hierdie beamptes. Dit is alombekend dat polisiebeamptes mekaar ten volle in ‘n noodsituasie moet kan vertrou en mekaar se lewens moet beskerm. Dit kan die effektiwiteit van hierdie beamptes nou negatief beïnvloed,” het van Niekerk bygevoeg.
Die VF Plus beskou hierdie stap as teenproduktief en eis dat dit onmiddellik ondersoek en reggestel moet word. Die publiek se lewens asook dié van polisiebeamptes is nie onderhandelbaar nie.
