Regsproses wys al hoe meer krake

Moontlike regsremedies gaan ondersoek word om die gemeenskap in die breë, en slagoffers van misdaad in besonder, te beskerm teen die gevolge van swak polisie-ondersoeke en aanklaagwerk, sê Afriforum. Dié burgerregtegroep is steeds optimisties dat regsremedies gevind kan word om die gebreke in die regstelsel aan te spreek ten spyte van oplaaiende getuienis tot die

Lees verder: Regsproses wys al hoe meer krake

Gedrukte media vaar in stormwaters

Drie kwessies wat die gedrukte media raak, het algar aan die praat: Die ANC se nuwe advertensiebeleid, die mediatribunaal asook die wetsontwerp oor Beskerming van Inligting. Jimmy Manyi, die Regeringskommunikasie-en Inligtingstelsel se baas, het verlede week aangekondig dat die Kabinet besluit het om alle departemente se media sake te sentraliseer en gedreig om die regering

Lees verder: Gedrukte media vaar in stormwaters

Obama ignoreer sy generaals

Barack Obama gaan die raad van die Pentagon se generaals verwerp deur die aankondiging van die onttrekking van tot 30 000 troepe uit Afghanistan teen November volgende jaar, net betyds vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Dié aankondiging gaan na verwagting Woensdag gemaak word. Die stap kom ten spyte van waarskuwings van sy militêre bevelvoerders dat

Lees verder: Obama ignoreer sy generaals

Regering en die media stamp koppe – al weer

Dit het geen profeet behoef om kon voorspel dat die verhoudinge tussen die regering en die media op ‘n harde koppestamp sou uitloop nie. Veral na die omstrede mnr. Jimmy Manyi as regeringswoordvoerder aangestel is, is voorsien dat die vonke sou spat. In die jongste sage het die nasionale redakteursforum, SANEF, ‘n afspraak met Manyi

Lees verder: Regering en die media stamp koppe – al weer

Duitsers gaan reëls vir buitelanders verslap

Duitsland sal hulle streng maatreëls verslap om buitelandse dokters en ingenieurs toe te laat om ‘n groot aanvraag in die land se arbeidsmark te vul. Die land se minister van onderwys en navorsing, Annette Schavan, het gesê die regering sal in die komende week ‘n nuwe wetsontwerp opstel om duisende oorsese beroepsmense na die grootste

Lees verder: Duitsers gaan reëls vir buitelanders verslap

Moetimoordopstande prut in Tlokweng

Altesaam 44 mense het in die Madikwe-landdroshof verskyn in verband met betogings in Tlokweng in Noordwes, het die polisie Dinsdag bekend gemaak. Vyf-en-dertig volwassenes tussen die ouderdomme van 18 en 40 is op waarskuwing vrygelaat, het lt. kol. Lesego Metsi gesê. Nege jeugdiges is gestuur vir assessering deur ‘n maatskaplike werker. Hulle sal in die

Lees verder: Moetimoordopstande prut in Tlokweng

Man wat rower skiet, vas vir moord

‘n Vyf-en-dertigjarige huiseienaar is Dinsdag in Fordsburg, Johannesburg, vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy ‘n inbreker wat hom met ‘n pyp aangeval het, geskiet het. Volgens ao. Xoli Mbele is die man omstreeks 10:00 in hegtenis geneem nadat hy die 30-jarige man, wat hom in sy huis met ‘n staalpyp aangeval het, geskiet

Lees verder: Man wat rower skiet, vas vir moord

Cele waarsku teen valse bomdreigemente

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, het Dinsdag ‘n waarskuwing aan mense gerig wat die polisie kontak met valse bomdreigemente en wat onwettige plofstof gebruik. “Enige individu wat opsetlik ‘n bomdreigement maak, sal vervolg word. Geen persoon is bo die wet verhewe nie, ook nie polisiebeamptes nie,” het Cele in dié verklaring gesê. Kol. Tummi

Lees verder: Cele waarsku teen valse bomdreigemente