Teheran is bereid om sy omstrede kerntegnologie te deel met naburige lande, wat daarop dui dat Turkye Iranese hulp kan ontvang vir die bou van ‘n atoomkragstasie. “Iran beskik oor baie gesofistikeerde kernwetenskap en ‘n tegnologiese vermoë, wat ons heeltemal gereed is om te deel met … die naburige lande en vriendelike lande in die
Die geheim is uit: Dis ras!
President Barack Obama se algehele goedkeuring bly maar beroerd, en hy ontvang steeds veel hoër punte vir sy buitelandse beleid as vir huishoudelike sake, volgens ‘n nuwe nasionale opname een jaar voordat hy vir herverkiesing wil staan. Vroue is verdeeld oor hoe Obama presteer, maar mans toon ‘n duidelike afkeur met ‘n 55% – 43%
NY maak skoon
New York het ‘n skoonmaakaksie van stapel gestuur om betogers van Occupy Wall Street se kampeerplek in Zuccotti Park af te breek en die besetters uit te jaag. Occupy Wall Street is in September gestig om teen ekonomiese ongelykheid te betoog. Die beweging is daarna deur tientalle protesoptredes van oor die hele wêreld heen gevolg.
‘Koelie-klag’ waarskynlik laat vaar
Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal tot Woensdag moet wag om te hoor of klagte wat teen hom aanhangig gemaak is deur die SA Minority Rights Equality Movement (Samrem) laat vaar is. Dít het aan die lig gekom ná ‘n vergadering in Pietermaritzburg tussen Malema en Samrem-beamptes Dinsdagaand. Ashwin Singh, woordvoerder van
Opkoms van nuwe terreurnetwerk in Afrika
Die Nigeriese owerhede het bevestig dat drie bomaanvalle in die noordelike stad Maiduguri voorgekom het. Een van die aanvalle het ‘n voertuig geteiken wat aan die gesamentlike polisiemag behoort wat veiligheid in die stad moet handhaaf. Niemand is in die voorval dood nie. Luidens vroeëre berigte is die radikale Islamitiese groep – Boko Haram –
Nog ‘n dienste-opstand
Woedende inwoners van wyk 27 by die Rooigrond-gevangenis buite Mahikeng in Noordwes het in ‘n optog na die provinsiale regeringsgeboue beter dienslewering en onmiddellike optrede geëis. Die inwoners het steeds nie water, elektrisiteit, of die huise wat twee jaar gelede aan hulle beloof is nie. Hulle eis dat die provinsiale regering ingryp omdat hulle nie
Ontevredenheid oor swak dienste slaan oral uit
Meer as 50 inwoners van informele nedersettings op Vryburg in Noordwes het hulle intrek, sonder magtiging, in HOP-huise geneem omdat hulle sê hul geduld opgeraak het. Hulle sê hulle wag te lank vir die voltooiing van die huise. Die projek van 86 miljoen rand sluit die bou van 500 huise in en het vier jaar
SA se belastinginvordering eersteklas
Suid-Afrika se belastingstelsel is nommer een op die ranglys vir opkomende ekonomieë vir sy doeltreffendheid en die maklike wyse waarop belastingbetalers hul opgawes kan indien. Die ranglys is vervat in ‘n verslag van die Wêreldbank, die Internasionale Korporasie oor Finansies en die ouditeursfirma, Price Waterhouse Cooper. Volgens die verslag is Suid-Afrika die leier op dié
Drie polisielede oor k-woord geskors
Drie polisiemanne wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n prokureur van Vereeniging aangerand en die k-woord toegesnou het, is met onmiddellike effek geskors. Die luitenant-kolonel en twee reserviste is geskors nadat hulle tydens ‘n interne dissiplinêre proses skuldig bevind is op aanklag van wangedrag, het sers. Teboho Lephoto gesê. Thomas Mahlobogoane het gesê hy het
Swart Piete kla oor Zwarte Piet
Vier betogers is in Dordrecht vasgevat omdat hulle tydens ‘n Kersprogram vir kinders wou beswaar maak teen die Nederlandse kultuurinstelling van Zwarte Piet, die swart handlanger van Sinterklaas. Hulle het aan die optog deelgeneem met ‘n banier en t-hemde waarop ‘Zwarte Piet is rassisme’ gedruk was. Na herhaaldelike versoeke deur die polisie is die banier
