Die Proteas se oorwinning oor die besoekende Indiese krieketspan in die eendagreeks gister, word bederf deur die regering se hernude inmenging in die binnewerking van die sportsoort. Die meeste internasionale sportliggame, waaronder Fifa, die IOK en die Internasionale Rugbyraad verbied rassisme en politieke inmenging in sport. Dit is ‘n reël wat al gesorg het dat
AfriForum aanvaar Malema uitdaging
AfriForum het in reaksie op Julius Malema se uitspraak gister, naamlik dat hy bereid is om tot in die Grondwetlike Hof te veg om liedere met opruiende slagspreuke te verdedig, gesê AfriForum aanvaar Malema se uitdaging en dat AfriForum se regspan self gereed staan om die saak tot in die Grondwetlike Hof en selfs tot
Emigrasie: Moet ek bly of moet ek gaan?
My doel is nie om aan andere raad te gee oor die wenslikheid van emigrasie nie. Dit is ‘n diep persoonlike saak waaroor elke persoon vir homself moet besluit. Ek is egter ‘n paar keer gevra om ons familie se ervaringe met emigrasie hier op Praag te deel, en dit is al wat ek hieronder
Uitnodiging aan die VVK-genomineerdes
Na aanleiding van Hein Zaayman se artikel oor die belangrikheid van die VVK se verkiesing, wil ek ‘n voorstel maak oor die VVK se genomineerdes. In die kommentare wat op Hein se brief gevolg het, is die aantyging gemaak dat die VVK met relatiewe geheimhouding bedryf word. Te oordeel aan skrywes wat ek en ander
‘n Ateïstiese boek in Afrikaans
Dis ‘n yslike mite dat daar godsdiensvryheid in Suid-Afrika is. Dit is dalk waar dat daar ietwat meer ruimte is vir andersdenkendes – grotendeels “ongelowiges” – om hulle sieninge selfs in die openbaar te stel, en selfs op hierdie forum sterk standpunte oor godsdiens in te neem, maar sekere dinge van die ou bedeling vier
Libanon: Christen-kopsorge in ‘n Moslem-konfrontasie
Met Hisbollah se onttrekking uit die Libanese regering kou mense in verskillende dele van die wêreld die naels. Israel word waarskynlik die nouste geraak, maar ook vir Libanon se groot Christenbevolking is daar moontlike implikasies. Israel het kennis geneem dat Hisbollah onlangs vol bravade gesê het dat hulle Israel weer gaan aanval, en nou sterker
Lees verder: Libanon: Christen-kopsorge in ‘n Moslem-konfrontasie
Waarom die Volksverkiesing belangrik is
In die aspirasies van die Afrikanervolk vir selfbeskikking en vryheid, is dit belangrik dat die pad wat geloop word na daardie ideaal, aanvaarbaar vir die internasionale gemeenskap, en juridies korrek moet wees, anders is dit ‘n doodloopstraat. Dit gaan geensins help as verskillende los groepe Afrikaners elkeen op sy eie probeer vryheid bekom, en as
Studente-onrus in Nederland
Volgens aansprake gaan die grootste studente-betoging sedert 1988 vandag in Nederland plaasvind wanneer sowat 10 000 studente in Den Haag betoog. Volgens die studente betoog hulle teen besuinigingsplanne deur die owerheid. Onder die kwessies wat krap is dat studente wat langer as twee jaar neem om hul studies te voltooi as die voorgeskrewe tydperk, 3
Die einde van die Westerse beskawing
In hierdie stuk gebruik ek die terme van “beskawing” en “ryk” uitruilbaar. Ek weet dis nie tegnies uitruilbaar nie, maar die twee gaan dikwels hand aan hand. Elke ryk in die geskiedenis het met een of ander vlak van beskawing gepaard gegaan. Verstaan “beskawing” in die konteks van omstandighede toe die ryk in die geskiedenis
Umalusi se verskoning flou
“Die Vryheidsfront Plus verwerp die verskoning van Umalusi dat inligting oor die standaardisering van die matriekeksamen nie bekend gemaak kan word nie, omdat die proses van standaardisering te ingewikkeld en tegnies is en sensitiewe inligting verkeerd geïnterpreteer kan word. Dit klink eerder of Umalusi iets het om weg te steek as wat die organisasie uit
