Situasie in De Doorns gespanne

Ongeveer 8 000 plaaswerkers het Dinsdag in De Doorns byeengekom ná gewelddadige oproer waarin wingerde in ligte laie gelaat is, het ‘n amptenaar van die Wes-Kaapse departement van landbou gesê. “Die situasie is baie gespanne, maar dit lyk op die oomblik of die polisie beheer geneem het. Hulle het ook vir versterkings gevra en ‘n

Lees verder: Situasie in De Doorns gespanne

Prof en vrou in Pretoria geskiet

‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria (UP) is in ‘n kritieke, dog stabiele toestand in die hospitaal nadat hy deur inbrekers in sy huis in Elarduspark geskiet is, het Beeld berig. Prof. Max Braun, hoof van die UP se departement wetenskap-, wiskunde- en tegnologie-onderrig, is in die maag geskiet en moes 12 bloedoortappings ondergaan

Lees verder: Prof en vrou in Pretoria geskiet

Watter illusie: Obama of Romney?

Die Amerikaanse verkiesing is op ‘n mespunt, maar nuuskieriges sal nie veel langer hoef te wag vir die uitslag van die tweemanresies nie. Die ironie van Barack Obama se veldtog en sy ampstermyn, kan nie groter wees nie. Hy is die gesig van swart burgerregte en verworwe vryheid. Onder Obama egter is ‘n skerp aanval

Lees verder: Watter illusie: Obama of Romney?

Roodepoort SAPD vir roekelose bestuur aangekla

Die Roodepoort SAPD se personeelbussie was onlangs in ‘n botsing betrokke. ‘n Saak van roekelose bestuur is op 29 Oktober geopen na ‘n botsing tussen ‘n maroen Renault Cleo en die Roodepoort SAPD se personeelbussie in Sonopstraat. Volgens kolonel Chris Wilken van die Roodepoort SAPD het die bestuurder van die polisievoertuig in ‘n verklaring verduidelik

Lees verder: Roodepoort SAPD vir roekelose bestuur aangekla

Marikana: Slagoffers was geboei

Van die betogers wat in Augustus in Marikana doodgeskiet is, het glo boeie aan gehad, het die Farlam-kommissie Maandag gehoor. Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van Lonmin-mynwerkers wat by Marikana beseer of in hegtenis geneem is, het kapt. Apollo Mohlaki, ‘n misdaadtoneel-kenner, ondervra. Mohlaki het gesê hy het nie self gesien dat van die slagoffers geboei was

Lees verder: Marikana: Slagoffers was geboei

Plaaswerkeropstand in Wes-Kaap

Sowat 500 plaaswerkers het Maandagoggend op die N1 by De Doorns betoog, het die Wes-Kaap se polisie gesê. Lt.kol. André Traut sê die werkers betoog as gevolg van ‘n loon-dispuut. Die snelweg tussen Touwrivier en De Doorns is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit, met verkeer wat deur Ceres herlei is. Niemand is tot dusver in hegtenis

Lees verder: Plaaswerkeropstand in Wes-Kaap

Hospitale kanselleer aandbesoek

Die Chris Hani Baragwanath-, Charlotte Maxeke- en Helen Joseph-hospitaal het te midde van vrese oor die veiligheid van hospitaalpersoneel alle besoeke in die aand gekanselleer, het die Sunday Times berig. Volgens die koerant word besoekers weggewys en sommige het buite die hospitale gekampeer tot die hekke oopmaak vir dagbesoeke. Dié besluit is gemaak ná ‘n

Lees verder: Hospitale kanselleer aandbesoek

Slegs 22 lande ter wêreld het Britse plundertogte misgeloop

Enige een wat al ‘n atlas geraadpleeg het, weet van die omvang van Britse heerssug. Min weet egter watter lang geskiedenis van boewery en diefstal Brittanje mee spog. Die merkwaardige globale grypsug van hierdie land is nie algemeen bekend nie. ‘n Nuwe studie het nou bevind dat die Britte byna 90 persent van alle lande

Lees verder: Slegs 22 lande ter wêreld het Britse plundertogte misgeloop