Libië se NOR omarm Sjaria-wette

Moestafa Abdoel-Jalil, die voorsitter van die Nasionale Oorgangsraad en aangewese president, het reeds verklaar dat Libiese wette in die toekoms die Islamitiese kode, oftewel Sjaria, sal navolg. Mnr Abdoel-Jalil het spesifiek die onmiddellike opheffing van ‘n verbod op poligamie wat kol. Gaddafi ingestel het, aangekondig. Dit is ‘n slag vir diegene wat gehoop het om

Lees verder: Libië se NOR omarm Sjaria-wette

Dodelike aardbewing ruk Turkye

Staathoofde het hul meegevoel uitgespreek met Turkye ná ‘n verwoestende aardbewing die ooste van die land dié naweek getref het. Volgens die Franse nuusagentskap, AFP is die amptelike dodetal reeds minstens 217, met honderde wat beseer is. Reddingspanne het deur die nag gewerk om oorlewendes te red wat onder die puin vasgekeer was. Vroeg Maandagoggend

Lees verder: Dodelike aardbewing ruk Turkye

Cosatu prys DA oor tolbesluit

Die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het vir Helen Zille geprys vir die DA se houding teenoor hoë tariewe. Die ministerie van vervoer sê die optrede is daarop gemik om meer ruimte te skep vir oorlegpleging met gemeenskappe wat deur die konstruksie van tolpaaie geraak sal word. Die konstruksie van tolpaaie op die N-een in

Lees verder: Cosatu prys DA oor tolbesluit

Gaddafi se dood bedenklik

Daar bestaan ‘n hele aantal onbeantwoorde vrae rondom Navo se optrede tydens die aanval op Moeammar Gaddafi se konvooi, het die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, gesê. “Die manier waarop Gaddafi dood is laat ‘n klomp vrae onstaan,” het Lavrov gesê. “Daar moet na Navo se aksies gekyk word in die lig van

Lees verder: Gaddafi se dood bedenklik

Jeugliga kap myne

Die Suid-Afrikaanse Youth Council, die Jong Kommunistiese Liga, Sasco en Azapo het hulle stemme gevoeg by die van die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die beplande optog van die ANC-Jeugliga te veroordeel. Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het gesê sy organisasie sal “nie belangstel

Lees verder: Jeugliga kap myne

Craig Joubert is ‘n “dief”

Daardie Hugenote-van van die skeidsregter in die Wêreldbeker-rugbytoernooi-eindstryd, het hom nou probleme op die hals gehaal. Franse voel oor Craig Joubert soos Bokondersteuners oor Bryce Lawrence se skokkende partydigheid in die halfeindstryd tussen die Springbokke en die Wallabies voel. Die Franse het Joubert se Wikipedia-profiel ‘n bietjie aangepas nadat die Hane die eindstryd teen die

Lees verder: Craig Joubert is ‘n “dief”

Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur

Die goewerneur van die Midlandsprovinsie in Zimbabwe, Jason Machaya, het gewaarsku dat indringers op die plaas van Derek Shaw, een van Zimbabwe se min oorblywende wit melkboere, moet ligloop. Die goewerneur het ook die nuutste vlaag van plaasbesettings veroordeel en gesê: “Die tyd vir plaasinvalle is verby”. Die afgelope week het meer as 200 onwettige

Lees verder: Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur