Mac Maharaj is president Jacob Zuma se nuwe woordvoerder, het die presidensie Woensdag bekendgemaak. “Die President se spesiale gesant, mnr Mac Maharaj, sal oorneem by die woordvoerder van president Jacob Zuma, met onmiddellike effek,” sê die Presidensie in ‘n verklaring. Maharaj is ‘n voormalige minister van vervoer, veteraan-ANC-lid sook lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.
Groot betoging teen VSA in Pretoria
Meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners het by die Amerikaanse ambassade in Pretoria byeengekom om te betoog teen NAVO se bomaanvalle op Libië. Woensdag se betoging is afgesluit met die oorhandiging van ‘n griefskrif aan Amerikaanse diplomatieke personeel. Luidens die griefskrif ondermyn die bomaanvalle pogings uit Afrika om onderhandelinge oor ‘n oplossing vir die konflik te
Dis die parfúúm van revolusie, Max
Beste Max, Mugu of wat ek jou ook al moet noem, Jy het seker nie beswaar dat ek op die apartheidstaal vir jou skryf nie, of moet dit liewer in Ingels wees? Jy is mos so trots op jou Ingels; net jammer jy het nooit uit die Britse invloedsfeer ontsnap en ‘n bietjie in Europa
Waar was die Amerikaanse ambassadeur?
Die Guildhalldinee in Londen ter ere van Ronald Reagan se eeufees was voorwaar ‘n skitterende en luisterryke geleentheid. Britse geroosterde lam en sonnige Kaliforniese chardonnay het die goeie Anglo-Amerikaanse verhouding tussen Reagan en die voormalige Britse premier, die Ystervrou Margaret Thatcher, gevier. Maar gaste was uit die veld geslaan, want waar op aarde was die
Die dekonstruksie van Malema en Vice
Sogenaamde blanke skuld maak deesdae weer opslae. Julius Malema beweer byvoorbeeld dat blankes misdadigers is wat swartes se rykdom gesteel het. Laasgenoemde sluit vermoedelik die edelmetale van die Bosveldkompleks in, waarvan Malema so graag die myne wil nasionaliseer. Daardie einste skatkis van edelmetale waaroor Malema se voorsate vir eeue lank in gatrieme rondgehardloop het, sonder
OB glo skuldig aan bedrog en korrupsie
Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het haarself na bewering skuldig gemaak aan bedrog en korrupsie terwyl sy by die Suid-Afrikaanse Wethervormingskommissie (SALRC) gewerk het, het The Star Woensdag berig. Volgens “onafhanklike bronne” het Madonsela se maatskappy glo werk vir die SALRC gedoen en is R1,8 miljoen aan haar oorbetaal, drie jaar gelede terwyl sy daar
Optog teen desegregasie, VSA 1970
пуско зарядногоАлександр Фильчаков Васильевич
Swartes loop uit BUSA
Die Black Management Forum (BMF) se onttrekking uit Besigheidseenheid Suid-Afrika (BUSA) op grond daarvan dat die swart organisasie (BMF) se stemme ‘n minderheid vorm, spreek volgens die Vryheidsfront Plus van dubbele standaarde. “Daar word gereeld daarop gewys dat Afrikaners en ander minderhede nie ‘n sê het in landsake nie juis omdat hulle nie ‘n meerderheid
Zuma-sending na Moskou ‘suksesvol’
President Jacob Zuma het teruggekeer van ‘n “suksesvolle” besoek aan Rusland Dinsdag, waar hy en president Dmitri Medwedef gesprekke oor die Libiese politieke krisis gevoer het. Zuma het Medwedef en NAVO sekretaris-generaal, Anders Fogh Rasmussen, ontmoet om ‘n raamwerk met die oog op ‘n politieke oplossing vir die probleme in Libië oor te dra. Dit
Stakers slaan motorruite uit, rand omstanders aan
Stakende werkers het Dinsdag motors se ruite uitgeslaan en mense aangerand in ‘n nywerheidspark, Lothlorien Industrial Park, in Wadeville, Johannesburg. Berigte van intimidasie, dreigemente en geweld deur stakende metaalwerkers is Dinsdagoggend uit die ooste van Johannesburg ontvang. Castro Ngobese, woordvoerder van Numsa, het gesê hy het deur mediaberigte te hore gekom van die geweld. Hy
Lees verder: Stakers slaan motorruite uit, rand omstanders aan
