Groot betoging teen VSA in Pretoria

Meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners het by die Amerikaanse ambassade in Pretoria byeengekom om te betoog teen NAVO se bomaanvalle op Libië.

Woensdag se betoging is afgesluit met die oorhandiging van ‘n griefskrif aan Amerikaanse diplomatieke personeel. Luidens die griefskrif ondermyn die bomaanvalle pogings uit Afrika om onderhandelinge oor ‘n oplossing vir die konflik te voer.

President Jacob Zuma lei die bemiddelingspogings van die Afrika-Unie. Hy het in Suid-Afrika onder kritiek deurgeloop omdat hy ‘n resolusie van die Verenigde Nasies om burgerlikes in Libië te beskerm, ondersteun het.

Zuma sê NAVO het die perke van dié resolusie oorskry.

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het by die betoging gesê Suid-Afrika moes voorsien het hoe die resolusie misbruik sou word en moes nie daarvoor gestem het nie.

мультики куклы барбилобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae