Suid-Afrika moet ophou buig voor die Verenigde State se imperialisme en deelname in afpersende sanksies teen Iranse olie-uitvoere weier, het Cosatu Saterdag gesê. “Cosatu eis dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie gedienstigheid aan Amerikaanse imperialiste staak en die enigste beleid wat in die beste belang van hierdie land en die ontwikkelende wêreld is, nastreef,” sê uniewoordvoerder
Proteas oorheers in triestige Wellington
Dit was ’n tipiese sonskyndag in Wellington, Nieu-Seeland… wat beteken dit het meeste van die tyd gereën en vir die res was dit triestig en windverwaai. Die Nieu-Seelandse boulers het op hulle kenmerkende sprankelende manier geboul – met ander woorde hulle was lusteloos, planloos en vir die ganse dag paaltjieloos. Hulle werk, soos hulle dit
Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’
Die DA-leier Helen Zille het president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy “Bantoe-onderwys” steun deur “politiese gedienstigheid” aan die vakbond Sadou, ‘n filiaal van die ANC-bondgenoot Cosatu. Haar “beswaar” oor Bantoe-onderwys was weer ‘n bedekte aanval op haar mees getroue ondersteuners, naamlik oningeligte Afrikaners. Zille het nie verduidelik hoe Bantoe-onderwys en stakings verband hou nie.
Lees verder: Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’
Krieket: Kiwi’s val suutjies op nat dag aan
Die Basin Reserve in Wellington is nie ’n plek vir opgevoede mense om krieket te speel nie. Die wind waai daar, altyd, die hele tyd, behalwe as dit reën. Dit waai selfs op windstildae en op winderige dae waai dit erger, soms blykbaar uit meer as een rigting. Dié week het dit, krieket in ag
Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+
Die VF Plus het bevestig dat gesprekke oor die naam van Pretoria, asook sowat 27 straatname in Pretoria tans tussen die VF Plus en die ANC plaasvind, maar het gesê dat daar tans geen finale formele ooreenkoms tussen die VF Plus en die ANC rakende ‘n oplossing vir die naamkwessie bestaan nie. Die ANC in
Lees verder: Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+
Insig… verg werk
Фильчаков прокурор харьков
Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort
Pretoria gaan sy naam dalk behou, maar meer as 27 straatname in die hoofstad sal verander word. Dit is die ANC se “aanbod” in die geheime onderhandelinge wat tans aan die gang is in die omstrede naamsveranderingstryd, het Beeld berig. Die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het met lede van die opposisiepartye vergader om die
Skandvlek en Hoop: Die Weste en Suid-Afrika
Nog nooit was daar ’n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse wêreld as Suid-Afrika nie, en nog nooit is ’n land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie. Nou is die Weste besig om self in ’n krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is
SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië
Suid-Afrika het die toenemende geweld in Sirië veroordeel en het versoek dat die land ‘n interne vreedsame politieke oplossing soek. Enige ingryping sal deur die Veiligheidsraad beslis moet word, het die departement van internasionale betrekkinge gemaan. “Die situasie bly gespanne, ten spyte van oproepe … aan die Siriese regering en die gewapende opposisie om die
Lees verder: SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië
Komplot om Jeugligaleier glo te vermoor, 2 in hof
Twee mans wat verdink word van die agtervolging van die ANC-jeugliga se provinsiale sekretaris in Limpopo, Jacob Lebogo, sal na verwagting in die Polokwane-landdroshof verskyn Vrydag. Peter Mthombeni, lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en Philip Nkuzana is in Januarie in hegtenis geneem en aangekla. Die een het homself as ‘n polisiebeampte voorgedoen en was
Lees verder: Komplot om Jeugligaleier glo te vermoor, 2 in hof
