Zilla lok plakkers na Wes-Kaap

Die jongste sensusdata toon dat die Wes-Kaapse regering hard werk om uitstekende dienste te lewer, het dié provinsie se premier, Helen Zille, Maandag gesê. “Ek is baie tevrede met die data, wat wys dat die Wes-Kaap ‘n toppresteerder is in die voorsiening van basiese dienste,” het Zille in ‘n verklaring gesê. “Die Wes-Kaap het ook

Lees verder: Zilla lok plakkers na Wes-Kaap

Wat beteken die VSA se heerskappy?

Teen 2025 sal ‘n Amerikaanse “driedubbele dak” van gevorderde toesig en gewapende onbemande tuie die hemelruim tot aan die eksosfeer beheer. ‘n Wonder van die moderne tyd, wat wapens op enige plek op die planeet met ‘n verbysterende spoed sal kan rig, ‘n vyand se satellietkommunikasiestelsel sal kan vernietig, en individue biometries oor groot afstande

Lees verder: Wat beteken die VSA se heerskappy?

Man by Sweedse premierswoning doodgeskiet

‘n Man is Vrydag by die amptelike woning van die Sweedse premier, Frederik Reinfeldt, in Stockholm doodgeskiet. Die premier was nie ten tye van die voorval in die gebou nie, het die plaaslike media Vrydag berig. ‘n Woordvoerder vir die polisie, Tove Hagg, het aan AFP bevestig dat ‘n man dood is. Sy wou nie

Lees verder: Man by Sweedse premierswoning doodgeskiet

CIA-baas bedank skielik

Die direkteur van die CIA, genl. David Petreaus, het as hoof van die Amerikaanse intelligensiediens bedank nadat hy gebieg het oor ‘n buite-egtelike verhouding met Paula Broadwell, die skrywer van sy biografie, All In. Die verhouding is intussen beëindig deur Broadwell, maar volgens haar het Petreaus aangehou om haar lastig te val. Petraeus (60) het

Lees verder: CIA-baas bedank skielik

Zille se dae is getel, sê Trollip

Die DA-leier Helen Zille sal waarskynlik om die leierskap van die party uitgedaag word by die DA se volgende verkiesingskongres, wat oor twee jaar plaasvind, het die Sunday Times berig. “Ek dink regtig daar sal by die volgende kongres ‘n mededinger wees want ons glo die leierskap van die party moet verander word,” het Athol

Lees verder: Zille se dae is getel, sê Trollip

Wiskunde-vraestelle gelek

Die departement van onderwys in Mpumalanga het eksamenvraestelle by 146 skole vervang ná ‘n vraestel uitgelek het, het die Sunday Independent berig. Amptenare van die departement het agterdogtig geraak toe ‘n leerder by ‘n skool in Witbank 30 minute geneem het om ‘n wiskunde-vraestel van drie uur te voltooi. “Toe die kind ondervra is, het

Lees verder: Wiskunde-vraestelle gelek

Wapentransaksie: Rolspelers byeen

Ondersoekbeamptes wat die omstrede wapentransaksie van R70 miljard ondersoek, het dié naweek met die regterlike kommissie vergader, het die Sunday Times berig. Adv. Billy Downer en adv. Gerda Ferreira, wat destyds die Skerpioene se wapenondersoek gelei het, was onder diegene wat Saterdag ‘n “inligtingsessie” in Pretoria bygewoon het. William Baloyi, woordvoerder vir die kommissie, het

Lees verder: Wapentransaksie: Rolspelers byeen

Minister van waterwese skerm vir Cyril

Die minister van waterwese, Edna Molewa, het na bewering ingegryp om moontlike vervolging van mynmaatskappye gekoppel aan Cyril Ramaphosa te voorkom. Daar is ontdek dat hulle sonder waterlisensies bedryf is, het regeringsbronne aan die Mail & Guardian gesê. Meer as vyf maatskappye wat gedeeltelik of ten volle besit word deur Ramaphosa – van 46 myne

Lees verder: Minister van waterwese skerm vir Cyril

Opposisie stel mosie van wantroue in Zuma

Opposisie partye wat ontevrede is met president Jacob Zuma se leierskap het ‘n mosie van wantroue teen hom in ‘n geheime stemming ondersteun. “Ons stem saam dat ‘n beslissende leierskap en visie in ons land ontbreek,” sê die partye.  Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het die mosie namens die opposisiepartye, wat die African

Lees verder: Opposisie stel mosie van wantroue in Zuma