Meeste internetgebruikers swart en sukkel met Engels

Die meerderheid van Suid-Afrika se internet-gebruikers is jonk, swart en verkry toegang tot die internet via hul selfone, het die SA Network Society Project bevind. ‘n Verslag wat Dinsdag uitgereik is toon dat een derde van volwassenes die internet gebruik en twee derdes van sulke gebruikers ‘n Afrika-taal by die huis praat. Indra de Lanerolle,

Lees verder: Meeste internetgebruikers swart en sukkel met Engels

Hy kon geen klaers opspoor, sê bevelvoerder

Luitenant-kolonel Schoombe van Rensburg het op Vrydag 16 November voor ‘n ondersoekkomitee van die Gautengse Wetgewer op Kleinfontein getuig dat hy nie die polisielede kon opspoor wat twee jaar gelede gekla het dat hulle toegang tot Kleinfontein geweier is omdat hulle swart is nie. Dis na aanleiding van dié klagtes wat die Gautengse Wetgewer die

Lees verder: Hy kon geen klaers opspoor, sê bevelvoerder

Frankryk erken Palestyne as VN-waarnemerstaat

Frankryk het aangekondig dat hy ten gunste van die erkenning van Palestina as waarnemerstaat by die VN se Algemene Vergadering later hierdie week sal stem. Die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius het aan die parlement gesê dat Frankryk “sal ja sê” wanneer die kwessie by die VN se Algemene Vergadering tot stemming gebring

Lees verder: Frankryk erken Palestyne as VN-waarnemerstaat

Polisie wat ammunisie aan misdadigers smous, vas

Polisiebeamptes wat wapens en duisende rondtes ammunisie aan misdadigers verkoop het, is gister in hegtenis geneem in ‘n hoërisiko-operasie in Pretoria. Die operasie het ‘n besige Pretoria winkelsentrum asook ‘n klein polisiestasie noord van die stad ingesluit. Een van die drie mense wat in hegtenis geneem is, is die kommissaris van die Rust de Winter-polisiekantoor,

Lees verder: Polisie wat ammunisie aan misdadigers smous, vas

Gerwel oorlede

Die voorsitter van Media24, prof. Jakes Gerwel (66), is Woensdagoggend om 03:26 in die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier oorlede. Die 66-jarige Gerwel was Dinsdag in ‘n kritieke toestand nadat hy vroeër vandeesmaand ‘n drievoudige hartomleidingsoperasie ondergaan het. Gerwel het in die laat 1960’s en vroeë 1970’s, betrokke geraak by die Swart Bewussynsbeweging en het gedien as

Lees verder: Gerwel oorlede

Arafat se oorskot weer begrawe

Die oorskot van die voormalige Palestynse leier, Jasser Arafat, is Dinsdag weer begrawe ná monsters geneem is om te bepaal of hy vergiftig is. “Die lykskouing is afgehandel, die graf is weer toegemaak en die monsters is aan Franse, Russiese en Switserse wetenskaplikes oorhandig,” het amptenare van die Palestynse kommissie wat Arafat se dood ondersoek,

Lees verder: Arafat se oorskot weer begrawe

Mulder se baas gevra om te bedank

Cope het ‘n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, af te dank. Dit volg nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, die minister daaraan skuldig bevind het dat sy die uitvoerende gesag se die etiese kode oortree het. Madonsela het bevind dat Joemat-Pettersson vliegtuigkaartjies van Swede

Lees verder: Mulder se baas gevra om te bedank

Plaasmoorde is ‘n nasionale krisis

Moorde en aanvalle op plaaseienaars in Suid-Afrika moet as ‘n nasionale krisis beskou word, het die Solidariteit-navorsingsinstituut gesê. “Plaasmoorde en aanvalle moet gesien word vir die nasionale krisis wat dit is en dus prioriteitstatus en aandag verdien,” het die instituut, in ‘n verslag wat met die hulp van verskeie kenners saamgestel is, gesê. Die verslag

Lees verder: Plaasmoorde is ‘n nasionale krisis