Ses mense is vir ondervraging Woensdag in hegtenis geneem nadat 19 busse by die Buscor-depots in Nelspruit vroeg Dinsdag uitgebrand is, het Mpumalanga polisie gesê. “Ons het ses mense in die Laeveld-gebied in Mpumalanga vir ondervraging ingeneem,” het Kaptein Leonard Hlathi gesê. Die ses is Woensdag gearresteer gedurende die vroeë oggendure nadat inligting
Mugabe gaan voort met verinheemsing
Zimbabwe se president Robert Mugabe het Woensdag beweringe deur Eerste Minister Morgan Tsvangirai se kantoor verwerp dat die regering ‘n wet omkeer het wat buitelandse maatskappye dwing om ‘n meerderheidsbelang aan die breë bevolking oor te dra. Mugabe het gesê dat die opmerkings dat verinheemsing en bemagtigingsregulasies geskrap is, nie waar is nie, maar dat
VSA en SA versterk diplomatieke bande
Die Verenigde State en Suid-Afrika het Woensdag ‘n ooreenkoms onderteken wat ‘n hupstoot sal verleen diplomatieke bande, ‘n nuwe teken van die belangrikheid waarmee die VSA-administrasie Pretoria se rol in die streek bejeën. Die “strategiese dialoog” wat deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton en haar Suid-Afrikaanse eweknie Maite Nkoana-Mashabane in die vooruitsig
Skool afgebrand deur leerlinge
Vier swart leerlinge sal Woensdag in Malmesbury in die landdroshof verskyn nadat hulle glo drie klaskamers by hul skool aan die brand gesteek het, omdat die skool oorvol was. Volgens Henry Durant, polisiewoordvoerder, patrolleer die polisie die area rondom Hoërskool Naphakade om te verhoed dat soortgelyke voorvalle plaasvind. Verskeie leerlinge het glo Dinsdagaand die skool
Transatlantiese verhoudinge
форма 026уФильчаков прокурор отзывы
Obama se gebrek aan respek vir die media
Obama se gebrek aan respek vir die media het nuwe hoogtes met die kernspitsberaad bereik, meen een van die belangrikste dagblaaie in die VSA. Wêreldleiers wat in Washington vir President Obama se spitsberaad oor kernveiligheid aangekom het, moes vir ‘n oomblik gevoel het dat hulle terug is in die Sowjet-era Moskou, skryf die Washington Post.
Iran nie kernwapengereed vir ‘ten minste ‘n jaar’
Aan boord van ‘n Amerikaanse militêre vliegtuig, het Reuters se verslaggewer Phil Stewart vasgestel dat Iran na verwagting nie binnekort in staat sal wees tot die produksie van kernwapens nie. Die VSA se sekretaris van verdediging, Robert Gates, het Dinsdag aan Stewart gesê Iran sal vir ten minste ‘n jaar, of dalk langer, nie kernwapengereed
Lees verder: Iran nie kernwapengereed vir ‘ten minste ‘n jaar’
Volkstaat en die impak van infrastruktuur
Suid-Afrika stuur op ‘n waterkrisis af weens ‘n te klein begroting om voorsiening vir die dag van môre te maak. Dié vooruitsigte kom kort op die kragkrisis wat deur Eskom se swak beplanning te weeg gebring is. Met vermoedelik reeds miljoene onwettige immigrante in Suid-Afrika en programme om watergedrewe riolering aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar te
Groot media- en polisieteenwoordigheid by hof verwag
‘n Groot media- en polisieteenwoordigheid word Woensdag by die Ventersdorp-landdroshof verwag waar twee plaaswerkers verskyn vir die moord op regse leier Eugene Terre’Blanche. Lede van die van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), sedert 1973 gelei deur Terre’Blanche, word ook verwag. “Daar is niks beplan, geen protes of iets nie,” sê AWB-woordvoerder Pieter Steyn.
Lees verder: Groot media- en polisieteenwoordigheid by hof verwag
Limpopo se ANC-jeugleier weier om te loop
Limpopo se onttroonde provinsiale voorsitter van die ANC Jeugliga, Lehlohonolo Masoga dring aan dat hy nog steeds die provinsiale leier van liga is, ten spyte van die verkiesing van ‘n nuwe voorsitter tydens die konferensie oor die naweek. “Ek is die voorsitter van … die konferensie wat onderbreek is en dit sit hierdie naweek.
