Wildboere woedend oor M99-verbod

Wildboere is woedend nadat die SA Veterinêre Raad hul private gebruik van die dwelm M99 verbied het, het Wildlife Ranching SA Dinsdag gesê. “Die nuwe beslissing is nie in die belang van die welsyn van diere nie,” sê Leon van der Watt, voorsitter van WRSA se Thabazimbi-kamer. Hy het gesê wildboere behandel hul diere met

Lees verder: Wildboere woedend oor M99-verbod

Jeugligalid vas vir Natalse moorde

Die leier van ‘n plaaslike tak van die ANC-jeugliga het skuld beken op die moord op twee ANC-takleiers aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Sifiso Khumalo (31) het geskuldig gepleit op die moord op Bheki Chiliza en Dumisani Malunga toe hy Woendag in Ramsgate se streekhof verskyn het. “Khumalo is die takvoorsitter van die ANC-jeugliga vir die

Lees verder: Jeugligalid vas vir Natalse moorde

Staking in Rustenburg brei uit na ander myne

Stakende werkers van Anglo American Platinum (Amplats) sal Donderdag by Lonmin-werkers in Marikana aansluit om te poog om mynbou in Rustenburg tot stilstand te dwing. Amplats het produksie by die myn gestaak nadat werkers Woensdag begin staak het. Chris Griffith, hoofuitvoerende beampte, het gesê die Rustenburg-gebied is ‘plofbaar’ en persone wat wil terugkeer werk toe,

Lees verder: Staking in Rustenburg brei uit na ander myne

SA die wêreld se nommer een vlugtelingbestemming

Julian Assange, WikiLeaks-stigter, se asielaansoek het die voorblaaie van die wêreld se koerante gehaal, maar wat verlede week in Burundi gebeur het is soortgelyk, skryf Simon Allison in Daily Maverick. Suid-Afrika is tans die wêreld se gunsteling bestemming vir asielsoekers. ‘n Kongolese politikus het toevlug by die Suid-Afrikaanse ambassade in Burundi gaan soek voor die

Lees verder: SA die wêreld se nommer een vlugtelingbestemming

PVV fel gekritiseer oor Afrikaans

In sy veldtogmanifes, het die regse Party vir Vryheid (PVV) se anti-immigrasie politikus Geert Wilders vir die behoud van die Afrikaanse taal in Suid-Afrika en Namibië opgekom. Afrikaans het sy oorsprong in 17de-eeuse Nederlands, en volgens Wilders is dit nou genoeg verwant aan Nederlands om te bekommer oor die stand van die taal. Hy het

Lees verder: PVV fel gekritiseer oor Afrikaans

Koors pak Katalane om af te stig

Honderde duisende Katalane het Dinsdag die strate van Barcelona ingevaar in ‘n ongekende bewys van massaondersteuning vir outonomie van Madrid. Hulle het Spanje se ekonomiese krisis blameer wat hul ryk streek benadeel. Werkloosheid en finansiële wanorde het ‘n koors van separatisme in Katalonië verder laat styg. Dit is ‘n relatief welvarende deel van Spanje en

Lees verder: Koors pak Katalane om af te stig

‘Kaffer’ en wanbetaling versag vonnis, sê regter

‘n Regter het Dinsdag tydens ‘n vonnisoplegging gesê die woord “kaffer” is ‘n growwe belediging en moet uitgewis word. Regter Cynthia Pretorius het gesê om daardie rede is daar “wesenlike en dwingende omstandighede” wat meebring dat ‘n selferkende moordenaar nie lewenslange tronkstraf kry nie. Beeld berig dat ‘n werker wat sy 69-jarige werkgewer van Bultfontein

Lees verder: ‘Kaffer’ en wanbetaling versag vonnis, sê regter

Geweld dreig by Medupi

Duisende betogers maak glo sedert Donderdag amok nadat die kontrak van ongeveer 600 werkers by die Medupi-kragstasie verstryk het. Hulle was in diens van die hoofkontrakteur, Murray & Roberts, Volgens ‘n woordvoerder van Murray & Roberts, is die bouperseel “kalm”, maar bronne op die perseel sê chaos heers. Verskeie busdienste en taxiverenigings sal glo Donderdag

Lees verder: Geweld dreig by Medupi

Militêre basisse op hoë gereedheidsgrondslag geplaas

Militêre basisse is gisteraand op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas. Die status – die eerste van sy soort sedert die koms van ‘n eenpartystaat – kom nadat die gewese ANC-jeugliga president Julius Malema soldate naby ‘n militêre basis in Lenasia, suid van Johannesburg, vandag sal toespreek. Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het in ‘n sterk

Lees verder: Militêre basisse op hoë gereedheidsgrondslag geplaas