Geweld dreig by Medupi

Duisende betogers maak glo sedert Donderdag amok nadat die kontrak van ongeveer 600 werkers by die Medupi-kragstasie verstryk het. Hulle was in diens van die hoofkontrakteur, Murray & Roberts,

Volgens ‘n woordvoerder van Murray & Roberts, is die bouperseel “kalm”, maar bronne op die perseel sê chaos heers.

Verskeie busdienste en taxiverenigings sal glo Donderdag met versterkings opdaag om die betogers te ondersteun.

Volgens ao. Frans Mokoena, die polisiewoordvoerder in Lephalale, was toestande “kalm” in Lephalale en Maropong. In die nag is “net drie busse” uitgebrand.

Valerie Cilliers, ‘n joernalis van Northern News in Lephalale, sê plaaslike sekuriteitsfirmas het 120 bykomende lede van onder meer die Noord-Kaap laat kom en polisieversterkings is ook van Polo kwane en Modimolle op pad.

Kameras is langs strategiese paaie opgerig wat as waarskuwing sal dien indien protesaksies dreig.

Lees hier.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae