Clive Barker, Bafana Bafana se mees suksesvolle afrigter, sê die Brasiliaanse afrgter Joel Santana is besig om die nasionale span te vernietig.
Annan wil bemiddel oor die Zimbabwiese dooiepunt
Kofi Annan, die voormalige VN-sekretaris-generaal het die Afrika-unie gekritiseer omdat dié nie die MDC se oorwinning in Zimbabwe in Maart bevestig het nie.
Lees verder: Annan wil bemiddel oor die Zimbabwiese dooiepunt
Adjunkambassadeur in die VSA sterf
Suid-Afrika se adjunkambassadeur in die Verenigde State is in Pretoria oorlede.
Straatnaamveranderings in Pretoria
Minstens 27 strate in Pretroria gaan waarskynlik nuwe name kry om 'n "meer inklusiewe" hoofstad te skep.
Drama by Belgiese Grand Prix
Sondag se Belgiese formule-eenwedren was net so vol opwinding soos Saterdag se rugby in Durban. Felipe Massa van Ferrari, wat op die dag tweede gekom het, is as wenner van die wedren aangewys nadat beamptes Hamilton met 25 sekondes gepenaliseer het.
Metaangas uit menslike afval
'n Stad in Texas lei die wêreld in die gebruik van dié goed wat in die toilet afspoel om kragstasies aan die gang te hou.
Polisie ontdek perlemoenfabriek naby Bloemfontein
Die polisie het omtrent 920 kilogram perlemoen gister gekonfiskeer tydens 'n klopjag op 'n kleinhoewe naby Bloemfontein.
Lees verder: Polisie ontdek perlemoenfabriek naby Bloemfontein
Polisieman gevonnis vir bewysdiefstal
'n Mpumalanga polisieman is gevonnis tot 18 maande tronkstraf vir die diefstal van 'n bewysstuk uit die Amersfoort polisiestasie.
Universiteit van Kaapstad verdedig rassekwotas by mediese studie
Die Universiteit van Kaapstad het sy skewe rassetoelatingsbeleid verdedig en gesê dit is bedoel om onderwysgeleenthede aan 'n volle spektrum van studente te verskaf en om ongelykhede uit die verlede uit te skakel.
Lees verder: Universiteit van Kaapstad verdedig rassekwotas by mediese studie
EU ondersteun NAVO, Obama
Europese ondersteuning vir NAVO het toegeneem die afgelope jaar, selfs nog voor die Georgiese inval in Suid-Ossetië.
