Keniaanse oplossing vir Zimbabwe?

President Thabo Mbeki is besig om as bemiddelaar op te tree in 'n poging om 'n oplossing van die Keniaanse tipe vir Zimbabwe se verkiesingskonflik te vind. Die Johannesburgse koerant Business Day berig dat daar tans 'n voorstel is om Mugabe as president van Zimbabwe te laat aanbly in 'n regering van nasionale eenheid terwyl Morgan Tsvangirai as eerste minister aangestel sal word.

Lees verder: Keniaanse oplossing vir Zimbabwe?

Kanse vir vrye Zim-verkiesing verwoes, s? menseregte-organisasie

Die toenemende vlakke van politieke geweld het die hoop op 'n vrye en regverdige opvolgpresidentsverkiesing in Zimbabwe laat kwyn, waarsku die Amerikaanse menseregte-organisasie Human Rights Watch.

Lees verder: Kanse vir vrye Zim-verkiesing verwoes, s? menseregte-organisasie

Hlope het twee regters gevra om Zuma te help

City Press het Sondag berig dat regterpresident John Hlope na bewering twee regters van die Grondwethof gevra het om ten gunste van die ANC-president Jacob Zuma te bevind indien hulle 'n toekoms op die regbank wil hê.

Lees verder: Hlope het twee regters gevra om Zuma te help