Nederland verf sake oranje

Die samesprekings in Nederland oor regeringsvorming neem interessante wendings. Met die party van Geert Wilders, die man wat onlangs nog van kriminele haatspraak aangekla is, as een van die nuwe hoofrolspelers was dit te wagte dat sake anders as voorheen sou uitsien, maar dit is dalk vir baie ‘n verrassing dat die party wat as

Lees verder: Nederland verf sake oranje

Welkom in die werklike wêreld, Bafana

Welkom in die werklike wêreld, en sommer totsiens ook… Met Uruguay se tweede doel, sowat tien minute voor die einde van die wedstryd teen die Bafana Bafana was dit omtrent of die vufuzelas opeens afgeskakel is. Honderde teleurgestelde toeskouers het Loftus Versvelfd begin verlaat… Dit is nie werklik die telling van 3 – 0 wat

Lees verder: Welkom in die werklike wêreld, Bafana

Wimbledon verbied Afrikaramshoring

Wimbledon, die All England Club, het tennistoeskouers verbied om vuvuzela te blaas.  Afrika se ramshoring, die grootste geraasmaker en tot dusver sukses van die Wêreldbeker, verkoop sedert verlede Vrydag fluks in Brittanje. ‘n Woordvoerder van die All England Club, sê egter die geraasblaser is nie welkom by die tennistoernooi nie. Tennis is ook nie die

Lees verder: Wimbledon verbied Afrikaramshoring

Herrie prut tussen Nederland en SA oor oranje

Mirte Nieuwpoort en Barbara Castelein, draers van die oranje-rokkie, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof uitgevind dat Suid-Afrika nie ‘n gasvrye land is nie. ‘n Diplomatieke herrie prut tussen Nederland en Suid-Afrika nadat ‘n gespesialiseerde eenheid van die Polisiediens die oranje-meisies vroeg die oggend gaan wakkerklop het. Die Nederlandse minister van buitelandse sake, Maxime Verhagen,

Lees verder: Herrie prut tussen Nederland en SA oor oranje

Tutu ondersteun vuvu

Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu het die aandrang om die gebruik van vuvuzelas by Wêreldbeker-sokkerstadions te verbied, afgekeur, het die SABC Woensdag berig.  Tutu het die verbod van hierdie omstrede Afrika-trompet as nonsens bestempel en gesê sokkeraanhangers moet bereid wees om dié toernooi op die Suid-Afrikaanse manier te geniet. Tutu het in Kaapstad tydens ‘n jeugberaad

Lees verder: Tutu ondersteun vuvu

Diego Forlán kelder ‘nasiebou’

Skitterende spel deur die doelskieter van Uruguay, Diego Forlán, het die Bafana Bafana met 3-0 laat verloor. Terwyl Suid-Afrika oor die afgelope maande getrakteer is op die onoorwinlikheid van die plaaslike sokkerspan en die regeringsgesinde media oor “nasiebou” gepopel het, het Uruguay finaal die Afrosentriese seepbel geprik. Forlán, wat ook in Mei twee doele vir

Lees verder: Diego Forlán kelder ‘nasiebou’

Hoeveel onse in jou Afrikaanse pond?

Hierdie opskrif van ‘n rubriek deur Die Burger se Dawie vang telkemale my oog as ek so ‘n vinnige blik oor die binnelandse pers werp – danksy die geleentheid wat die internet bied. Ek het dit gelees ook, en sou dalk ook ‘n eiertjie wou lê, maar daardie geleentheid is nie gebied nie. Dawie, so

Lees verder: Hoeveel onse in jou Afrikaanse pond?

Suid-Afrika se wonderlike water

Ek verwys na dié week se TV-insetsel oor water. Verder heg ek ook hierby aan ‘n foto wat ek vanoggend geneem het; die water – glo dit of nie – kom uit my kraan uit. Nou my vraag vandag aan julle is, sal julle die water drink? Ek glo nogal nie. Ek het ook reeds

Lees verder: Suid-Afrika se wonderlike water