Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik gemaak om oproeriges by Mahlongwa by Umkhomazi in KwaZulu-Natal te uiteen te jaag nadat die skare gewelddadig geraak het.
Die polisie is in die gebied ontplooi.
Die polisie het op oproeriges geskiet wat hulself tot brandstigting gewend het nadat hulle geweier het om by ‘n plaaslike saal byeen te kom om die burgemeester te ontmoet.
Vroeër is die huis van ‘n raadslid afgebrand en die klipgooiers het paaie met brandende bande en rommel versper.
Hulle maak glo beswaar teen gebrekkige dienslewering en besoedelde drinkwater.
