Metrorail-treine tussen Johannesburg en Vereeniging is weer aan die gang, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê.
“Treine loop normaalweg,” het die woordvoerder vir Metrorail, Sibusiso Ngomane, gesê.
Maandag is treindienste tussen Vereeniging en Johannesburg opgeskort nadat ‘n goederetrein deur inwoners van Thembelihle deur betogers oor dienslewering aan die brand gesteek is.
Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie.
Volgens die Johannesburgse Metropolisie is Thembelihle naby Lenasia vanoggend stil en rustig.
Daar is geen berigte van betogings nie, het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê.
“Dis stil, daar gaan niks aan nie,” het hy gesê.
